Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Lees om van ons land se gemors te vergeet
KERNEELS BREYTENBACH het by oorsese boekeblaaie inspirasie gaan haal vir sy Kerskous.
Deel
O LUISTER na die gedruis van die kasregisters! Is jy besig om jou bydrae te maak? Boeke te koop? Nou is die tyd wat almal lysies maak van die dinge wat volgens hulle die jaar se beste was: flieks, televisiereekse, boeke … Die plesier van sulke lyste is dat mens kan wenke kry oor boeke wat jy dalk andersins sou gemis het omdat die omslag jou laat gril het, wat ook al. Ek het ’n bietjie gaan loer na die lyste van Britse en Amerikaanse boekeblaaie, en oes vyf titels wat alle belofte toon vir ’n aangename leessessie wat jou sal help om te vergeet van die gemors waarin ons land hom tans bevind.
Spioene se feestyd
Mick Herron is die skrywer van die boeke waarop die skitterende TV-reeks Slow Horses gegrond is. In hierdie novelle probeer Herron ons wys hoe Kersfees in Slough House gevier word deur die bende van onbeholpe spioene. Hierdie keer is die fokus op Roddy Ho, wat almal konstant irriteer omdat hy die enigste persoon in Slough House is wat rekenaars en die internet begryp. Hy moet ’n foto dokter vir sy buro se hoof, Lamb – terwyl ons almal weet dat Lamb te slordig is om hom te steur aan foto’s en sulke banale dinge soos aangename herinneringe...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Kerneels lees goedvoelboeke
Boeke | Onweerstaanbare boeke van 2022
’n Stortvloed van nuwe publikasies
Boeke vir die Kerskous
Op pad kansel toe met Ali Smith
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.