’n Papegaai as enigste metgesel in ’n weerlose seisoen

THE VULNERABLES

’n Papegaai as enigste metgesel in ’n weerlose seisoen

MARELI STOLP lees Sigrid Nunez en kyk terug na 'n eensame tyd van nadenke en introspeksie.

’n WYLE gelede ontdek ek die merkwaardige “memories”-funksie op Facebook. Gevolglik is ek daaraan verslaaf: om vroegdag op my selfoon te kyk wat het op hiérdie dag gebeur.

In 2008 was ek op pad Mosambiek toe vir ’n kampvakansie (goeiste, mens lyk jonk in jou twintigs!); in 2012 skryf ek “Nog 2 000 woorde van my PhD-tesis, klaar!"; 2017 se Meimaand is vol foto's van ’n reis deur Ysland. Dikwels bied my blad net een of twee terugblikke, of nie een nie, want (en ja, ek is bly ek kan dit erken!) ek is nog nie daar waar ek daagliks iets vir die sosiale media agterlaat nie.

Maar Mei 2020 … elke dag hordes plasings, herplasings, tags, likes, comments, die hele ou sous. Want ek was alleen tuis. Ons was almal tuis. Bekommerd. Eensaam. Verveeld. Facebook en ander platforms was ’n redding vir vele van ons: ’n draadjie, al was dit dun en broos, wat ons aan ander mense verbind het. Veral as jy alleen moes isoleer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.