Kindermoord: Visuele Kaapse noir tref vol in die maag

GRAFIESE ROMAN

Kindermoord: Visuele Kaapse noir tref vol in die maag

CELESTE THERON vind Nathan Trantraal se jongste boek donker, intiem en grusaam, met 'n mitologiese ondertoon.

NATHAN TRANTRAAL se nuwe grafiese roman, Die man wattie kinnes vang, is ’n Kaapse noir, grillerig geskets, en soms byna kinderlik. Ek moet bieg, dit is verskriklik donker.

Trantraal is self vir elke grafiese element verantwoordelik en is ’n strokiesprentkunstenaar uit eie reg. Hy was oorspronklik bekend as ’n stripkunstenaar (strokiesprentskrywer), voordat hy begin naam maak het as skrywer en was al by verskeie grafiese romans betrokke – onder meer Urban Tribe, Stormkaap, Coloureds en Crossroads.

Die voorblad toon ’n kind met eensent-muntstukke op sy oë. Die lewe is goedkoop. Vlinders dwarrel oor die blad. Dit dui aan hoe onskuld so maklik uitgebuit word, veral op die Kaapse Vlakte. Die doek waarop die kind lê, versmelt met die helderblou lug. Dit laat dit met die eerste oogopslag na ’n jeugroman lyk, saam met die vrolike vlinders. 'n Mens lees ’n grafiese roman met die kykers in jou kop, deur ag te slaan op elke visuele element wat die teks ondersteun. Die vlinders en muntstukke dien as ankers deur die boek, wat afgewissel word met beelde van skilpoppe...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.