’n Yankee, ’n Southern belle en die geografie van literêre liefde

F. SCOTT & ZELDA

’n Yankee, ’n Southern belle en die geografie van literêre liefde

In Montgomery, Alabama, trotseer MERCIA S. BURGER ’n dag van duiwelshitte en oornag daarna in ’n huis waar Scott en Zelda Fitzgerald eens gewoon en baklei het.

DIS Junie en warm genoeg vir die duiwel om losgelaat te word in die middestad van Montgomery, Alabama. Dan weer – die duiwel was al genoeg los hier rond. Montgomery was eens die hoofstad van die wegbreek-konfederasiestate, en binne ’n paar straatblokke stap ons verby hul Withuis en kapitool, ’n slawemark en lynching-terrein, ’n gedenkteken vir die Selma-menseregte-optog en ’n bronsbeeld van Rosa Parks op die presiese plek waar sy vir die bus gewag het.

’n Vrou by Chris’s Hotdogs sê nee wat, hierdie hitte is nog niks nie en gee vir ons ’n koeldrank verniet. Suidelike gasvryheid, y’all. Sy het ’n pienk Martin Luther King-T-hemp aan en praat met ’n dralende, vriendelike aksent wat jou lus maak om na haar te luister.

En net om die duiwel verder te tempteer, is Montgomery ook ’n stilhouplek op die Southern Literary Trail (http://www.southernliterarytrail.org), want hier het Scott en Zelda Fitzgerald mekaar ontmoet en selfs ’n ruk lank huis opgesit. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.