Geel soos die son, blou soos kneusplekke, swart soos die nag

HUISHOUDELIKE NOIR

Geel soos die son, blou soos kneusplekke, swart soos die nag

DEBORAH STEINMAIR het twee sielkundige rillers gelees en was besonder beïndruk met die plaaslike aanbieding.

TE midde van sportuitsendings en sosiale bedrywighede het ek twee domestic noirs gelees – my sondige vergryp. Al twee se voorblaaie is blou en geel, die kleure wat die genre tipeer. Die titels in geel, die outeurs se name in wit, met heelwat swart ook tussen die blou, soos dit hoort.

Ek begin by die lekkerste, die plaaslike: A Short Life deur Nicky Greenwall. Van voor tot agter is dit my soort boek. Dis ook lekker om bakens te herken in die skone Kaap, en die karakters voel soos mense wat vriende van my vriende kon wees. Die struktuur is interessant en hou jou aan die omblaai, met korterige hoofstukke, telkens vanuit ’n ander karakter se perspektief. Dit begin met ’n ongeluk in die nanag: nadat vriende ’n Vrydagaand saamgekuier het, lê ’n motor op sy rug soos ’n kewer. Daar was skynbaar nie ’n ander voertuig betrokke nie.

Adam, die bestuurder, het nie soveel gedrink nie. Boonop het hy geen herinnering aan die ongeluk en wat dit voorafgegaan het nie. Soos dit goeie vriende betaam, verwyder sy pel Nick en dié se vrou Franky hom van die toneel: Hy was sekerlik oor die limiet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.