Romantasie: drake, ruiters en venynige liefde

FANTASIE

Romantasie: drake, ruiters en venynige liefde

KERNEELS BREYTENBACH het geswig voor fantasie en 'n paar deurstoppe deurgedraf.

'n MENS kan jou seker nie afsluit van sekere soorte boeke nie. Tog het ek dit met groot welslae reggekry met wetenskapsfiksie. Dis vir my moeilik genoeg om die wêreld te verstaan en te navigeer verby die dinge wat letsels laat. Hoekom nou nog ’n boek opneem wat ’n grimmige toekomsbeeld skep, of geweldig baie stip konsentrasie verg om die fantasiewêreld te verstaan?

Maar ek moes geweet het, een of ander tyd gaan ek tot ander insigte kom. Ek het al voorheen erg geswig voor fantasieverhale (Harry Potter) en het geweet dit gaan ’n vonk verg om die ding aan die gang te sit. Dit gons in die boekebedryf daaroor dat verkope van boeke oorsee die afgelope jaar ’n enorme oplewing getoon het, spesifiek op die terrein wat die Yanks romantasy noem. Ek kan dit nie langer ignoreer nie, en daarom het ek vandeesweek begin lees aan twee van die mees suksesvolle romantasy-skrywers se boeke, Rebecca Yarros en Sarah J. Maas. En spesifiek die twee boeke wat tans internasionaal onder die toptien-verkopers is: Yarros se Fourth Wing en Sarah J. Maas se A Court of Thorns and Roses. (Ek gebruik Publishers Weekly se lys.)

Fourth Wing is verlede jaar gepubliseer, en die vervolg daarop, Iron Flame, vroeër vanjaar. Ek sal nog daarby uitkom, maar herstel vir eers ná Fourth Wing se 646 bladsye. Omdat Fourth Wing die eerste deel is van Yarros se Empyrean-reeks, wat afspeel in die koninkryk van Navarre, móét jy hier begin lees sodat jy Navarre met sy vier Kwadrante kan verstaan. Die vier is ingestel op Ruiters (van drake), Skrywers, Genesers en Infanterie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.