Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Al die kleure van die donker boei
KERNEELS BREYTENBACH is gaande oor 'n krimi-skrywer wat genres vermeng en onvergeetlike karakters skep.
Deel
KAN ’n roman tegelyk ’n krimi én ’n literêre werk wees? ’n Vraag wat Afrikaanse lesers van die werke van Karin Brynard, Chris Karsten en Deon Meyer hulself al dikwels afgevra het. Nou presenteer die probleem weer, erg akuut, met Chris Whitaker se roman All the Colours of the Dark.
Die antwoord is: Ja, natuurlik – maar jy sal jou gereed moet maak daarvoor dat die karakters in ’n boek soos All the Colours of the Dark ná die lees in jou gedagtes gaan bly gesels met jou, lank nadat jy die krimi-vlakke van die boek uit jou fokus sien vervaag het. Hiér is die mense rêrig. Geen Reacher-agtige kartonfiguur gaan ingryp en alles regneuk nie. Die blaaie is bevolk met mense in hul volronde glorie en altydteenwoordige sorge.
All the Colours of the Dark is een van daardie sonderlinge romans wat deel word van jou lewe sonder dat jy 100% kan verklaar hoekom. Hier is drie karakters wat jy nie werklik in ’n krimi verwag nie: Patch Macauley, wat 13 is wanneer die roman in 1976 begin. Patch het net een oog en dink aan homself as ’n seerower. Dan is daar sy vriendin Saint, wat dwarsdeur die verhaal, tot wanneer dit in 2001 eindig, sy enigste ware ondersteuner is. En Grace …..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Drake, ruiters en venynige liefde
Leuens, bedrog en manipulasie ontbloot
Bunkers, onderdruktes en dating apps
’n Hongerte na vaardige vryverhale
Katvis, ware liefde en oorgewig
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.