’n Rooi windjekker en flikkerende dildo

AFRIKAANSE FIKSIE

’n Rooi windjekker en flikkerende dildo

Twee nuwe Afrikaanse romans het DEBORAH STEINMAIR laat stres, ril, lag en beter voel oor die mensdom.

TWEE nuwe Afrikaanse romans het my hierdie week eindeloos geamuseer: die een 'n misdaadroman, die ander 'n Romanza Stoom. Ek beveel al twee hoog aan.

Sommige van my vriende woon in die blaaie van boeke. Ek kan hulle altyd weer gaan opsoek en soms kom klop hulle aan met ’n nuwe avontuur, 'n nuwe reis waarop ek saam met hulle kan vertrek. Een van hulle is Kassie Kasselman, Rudie van Rensburg se seëlversamelende meesterbrein. Hy lyk ’n bietjie soos Frank Opperman, met hare teruggejel, altoos in sy geliefde kledingstuk, ’n ou rooi windjekker met ’n oliekol op. Vandat hy met Amalia getroud is, is sy broekspype darem nie meer hoogwater nie. Sy is eindeloos geduldig met Kassie wat sewe dae per week werk en selfs die seël-ekspo by die KIKS misloop op die spoor van ’n reeksmoordenaar. Misdadigers blaai hom vlak, hulle sien hom nie aankom nie, tot hulle nadeel. Sy sidekick en grootste bewonderaar is Rooi, wat gebuk gaan onder ’n streng vrou en 'n baba wat tande kry.

Nou het hulle te doen met die gebooie-moordenaar soos die pers hom noem. Hy straf bekendes, glansganse wat die 10 gebooie oortree. Hy verwurg hulle en kap daarna met ’n spyker in hulle voorkop ’n nota wat verduidelik watter gebod hulle oortree het. Die leser leer die moordenaar ook in tussenhoofstukke ken, of so vermoed ons: ’n groot, lomp, onsportiewe seun wie se neef glorie verwerf op die atletiekbaan, wie se pa geen aandag aan hom gee nie, maar sy neef verafgod. Iemand wat altyd afgeskeep en onderskat gevoel het. Wat besluit het om sy stempel op die wêreld af te druk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.