WANNEER ek ’n boek optel, soek ek eerder na vars insae in my bestaande wêreld as ’n verplasing na ’n fantasiewêreld.
Tog weet ek dat die fantasie-genre geweldig populêr is, en ek verstaan hoekom. Deel van die sjarme van ’n fantasieroman is dat alledaagse menslike kwessies en ervaringe aangespreek en uitgebeeld word, maar die fantasiewêreld waarbinne hierdie ervaringe uitspeel, funksioneer as ’n soort buffer. Dinge gebeur – ernstige dinge – maar die leser kan emosioneel hulleself veilig buite die aksie plaas. Want dit gebeur nie in die regte wêreld nie.
Dis die verskil tussen ’n verkragtingstoneel in Game of Thrones en Disgrace, byvoorbeeld. Oorlog in Middle Earth, teenoor oorlog in Palestina. Die realiteite van ons wêreld is grof en vol pyn – ons wil soms net ontsnap daarvan. Op die hakke van die 2020-pandemie byvoorbeeld het verkope van fantasieboeke met 45% gestyg in die VSA, 23% in Brittanje – meer as in enige ander genre. Redes daarvoor is maklik om uit te pluis. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
FANTASIE
Axelrad voel-voel nog na sy voetspoor
MARELI STOLP het meer van hierdie skrywer se eerste roman gehou en sien uit na sy derde.
Deel
WANNEER ek ’n boek optel, soek ek eerder na vars insae in my bestaande wêreld as ’n verplasing na ’n fantasiewêreld.
Tog weet ek dat die fantasie-genre geweldig populêr is, en ek verstaan hoekom. Deel van die sjarme van ’n fantasieroman is dat alledaagse menslike kwessies en ervaringe aangespreek en uitgebeeld word, maar die fantasiewêreld waarbinne hierdie ervaringe uitspeel, funksioneer as ’n soort buffer. Dinge gebeur – ernstige dinge – maar die leser kan emosioneel hulleself veilig buite die aksie plaas. Want dit gebeur nie in die regte wêreld nie.
Dis die verskil tussen ’n verkragtingstoneel in Game of Thrones en Disgrace, byvoorbeeld. Oorlog in Middle Earth, teenoor oorlog in Palestina. Die realiteite van ons wêreld is grof en vol pyn – ons wil soms net ontsnap daarvan. Op die hakke van die 2020-pandemie byvoorbeeld het verkope van fantasieboeke met 45% gestyg in die VSA, 23% in Brittanje – meer as in enige ander genre. Redes daarvoor is maklik om uit te pluis. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Weerlose seisoen
Deure waai oop na nuwe wêrelde
Gaza se verskillende narratiewe
Ratte van die Nazi-moordmasjien
Die verskrikking van slawerny verwoord
Deel
-
Deel
Mareli Stolp
SkrywerMareli Stolp is ’n musikant, onderwyser en vryskutskrywer met ’n musiekgraad van die Konservatorium van Amsterdam en ’n PhD van die Universiteit Stellenbosch. Sy lees reeds die afgelope 36 jaar sonder ophou en hoop om so aan te hou.