Dana, seun van die nasie, en onrus in Onrus

MÉMOIRE EN FIKSIE

Dana, seun van die nasie, en onrus in Onrus

Ons boekeredakteur het twee blink nuwe Afrikaanse boeke gelees, en in die 1980's sowel as op 'n seedorpie gekuier.

SOMS dink ’n mens jy ken ’n skrywer omdat jy hulle boeke gelees en hulle skrams by boekgeleenthede raakgeloop het. Totdat jy hulle mémoires lees. Dana Snyman het nog altyd vir my na ’n enigma gelyk. Ek het hom opgesom as waarskynlik insgeheims effens regs, omdat hy met soveel deernis oor die slegte goeie ou dae skryf, omdat hy die nostalgiesnaar so gevoelvol slaan. Maar nadat ek sy mémoire, Seun, gelees het, besef ek ek het hom vlak geblaai. Hy was nog altyd ’n rebel. Hy skryf dikwels oor die verlede omdat hy so ’n uitsonderlike geheue het, en so ontvanklik vir oomblikke en indrukke is. En omdat hy maar altyd aantekeninge in ’n boek gemaak het.

Sy skryfstyl is oorrompelend in sy eenvoud. Die Dana wat uit die bladsye opstaan, was ’n alleenkind, ’n oorgewig boekwurm wat op skool gespot is. Al wanneer hy ooit soos een van die manne gevoel het, was wanneer hy rugby gespeel het. Hy het gewig verloor en topfiks geword vir die army, waar hulle van hom ’n man sou maak, volgens sy pa. Hy het gewonder of hy nie reeds ’n man geword het toe hy sy eerste bok (ná drie skote) doodgeskiet en die rou lewer geëet het nie. Hy was ’n sensitiewe jong man met ’n afkeer aan toksiese manlikheid.

Hy walg van die Old Spice-walms wat die kakie- en blokkieshempbrigade omgeef, met hulle Grasshoppers, militaristiese snorre en opgezoepte karre. Hulle eet chips by hulle T-bone, nie aartappel met suurroom nie, en drink brannas en Coke. Hulle is altyd op loer om elke bokkie te spyker. Hy walg van sy pa se verregse sentimente, sy aanbidding van Eugène Terre’Blanche, sy temerige selfbejammering en manipulasie. So ook die manipulasie deur die regering. Boetman is kwaad...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.