Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Die CIA, ’n huishoudster en sensuur
KERNEELS BREYTENBACH is gedeprimeer deur 'n boek oor die CIA en sy rol in die Amerikaanse ryk en verruk deur 'n riller en 'n komiese roman.
Deel
DIT is onmoontlik om ’n boek oor die oppermag van Amerika se Central Intelligence Agency te lees en nie ’n diepe onrus in jou gemoed te voel roer nie. Jy weet skielik presies hoekom David Cornwell, wat onder die skuilnaam John le Carré spioenasierillers geskryf het, ná afloop van die Koue Oorlog teen die Sowjet-blok, gesê het: “Die regte kant het verloor, maar die verkeerde kant het gewen.”
Cornwell se onrus het gespruit uit die grootste Westerse moondheid se kortsigtigheid oor wat die Weste te doen gestaan het ná die val van die Berlynse muur en alles wat dit verteenwoordig het. Die geskiedkundige Hugh Wilford verduidelik in The CIA – An Imperial History, dat die CIA gebuk gaan onder twee groot probleme: Onbevoegde leiding, en die verregaande opvatting dat die CIA die VSA kan help om wêreldpolitiek só te beïnvloed dat alles volgens Washington se sin sal verloop.
Wilford teken die CIA as die intelligensie-apparaat van die Westerse Empire met Langley, Virginia, as hoofstad. Alles het sedert die begin van die Koue Oorlog in die strengste geheimhouding geskied – sekerlik om politieke, ekonomiese en militêre redes, maar veral om te sorg dat niemand presies weet wie besig is om die verloop van die geskiedenis te manipuleer nie. Die CIA se handleiding is ongelukkig nie deur Robert Ludlum geskryf nie, en die mense wat deur die jare die leiding gegee het in krisisse is nóg Jason Bourne nóg die dwarstrekkers by Langley wat Bourne misbruik het. Die CIA het ploeteraars soos Ed Lansdale gestuur om die gemors in Suid-Viëtnam te help uitsorteer, of Frank Wisner in 1949 na Albanië, met katastrofale gevolge. As mens die beste idee wil kry van die CIA se onbeholpenheid, moet jy liewer Graham Greene se The Quiet American gaan lees, skryf Wilford...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ambisie, aptyt en wat die robotte weet
Drake, ruiters en venynige liefde
Leuens, bedrog en manipulasie ontbloot
Bunkers, onderdruktes en dating apps
’n Hongerte na vaardige vryverhale
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.