Skiet my nie in die gesig nie, my hart het genoeg plek vir die koeëls

JOPIE FOURIE

Skiet my nie in die gesig nie, my hart het genoeg plek vir die koeëls

GERRIE SNYMAN het Albert Blake se boek oor 'n rebel gelees en verbande met die onlangse geskiedenis gesien.

AL WAT ek van Jopie Fourie geweet het, was dat hy ’n rebel was en dat hy daarvoor doodgeskiet is. Tot ek Albert Blake se boek gelees het.

Met ’n Afrikanernasionalisme wat in ’n eng Calvinisme gegrondves is, het dit waarskynlik vir Jopie gevoel sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog sou sy goddelike roeping ná die Anglo-Boereoorlog skaad. Die proses van onversetlike verset begin dan. Blake verwys na die afwesigheid van verandering van oortuiging tot ’n ander standpunt: “Dit strem aanpasbaarheid by veranderde omstandighede. Hy word ’n gevangene van sy eie denke.”

Fourie se gewapende deelname aan die rebellie word ’n poging om sy eie weerloosheid te oorkom deur hom weerbaar te maak teen die regering van die dag. Blake meen Fourie het in die angswekkende nag voor sy teregstelling onwrikbare oortuigings en geloofsberusting getoon: “Dit het ’n starheid openbaar dat hy nie vatbaar was vir ander denke as waarin hy geglo het nie. Hy het ook verstaanbare angs gehad en met onbeantwoorde vrae geworstel.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.