Winterbach het die onmoontlike vermag

VERRUKKING

Winterbach het die onmoontlike vermag

... en sy gaan van krag tot krag. DEBORAH STEINMAIR se kop sing saam oor longing as ons natuurlike kondisie en dat ons siele in die media ingeplug is.

  • 09 Augustus 2024
  • Boeke
  • 6 min om te lees

DAAR is mense wat eenvoudig te cool, gesofistikeerd, slim en verbeeldingryk vir hierdie wêreld is. Ek wonder of Ingrid Winterbach miskien afstam van die Anunnaki’s: Hulle was glo nasate van die Sumeriese god van die lug, An, en die godin van die aarde, Ki. Volgens samesweringsteorieë het hulle met aardlinge vermeng (daar is selfs ’n obskure Bybelse verwysing) goud gedelf en die piramides opgerig. In uitbeeldings is hulle lank en slank, met lang nekke. 

In ’n onderhoud het Thys Human gesê Winterbach se skryfwerk herinner hom aan die bizarro-genre. Wat is bizarro? Die Bizarro-wêreld is deur DC Comics geskep. Op die planeet Htrae (’n anagram van Earth) is alles gatoorkop: “Us do opposite of all Earthly things! Us hate beauty! Us love ugliness! Is big crime to make anything perfect on Bizarro World!"

Niks is natuurlik meer bisar as die lewe op ’n klein Vrystaatse dorpie nie en dit is daardie lugblase van eksentrisiteit wat Winterbach in die alledaagse opmerk en onvergeetlik verwoord. Onder die oppervlak van normaliteit huiwer unexamined hysteria en screaming fantods...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.