Die wonderwêreld van syfers en Magnum

KERNEELS LEES WYD

Die wonderwêreld van syfers en Magnum

KERNEELS BREYTENBACH se verbeelding is aangegryp deur die geskiedenis van syfers, onder andere.

WISKUNDE en ek was nooit regtig goeie maats nie. Maklik om te aanvaar, en nie uniek nie. Mens gee wiskunde jou lewe lank die koue skouer net om uiteindelik agter te kom dat dit só verweef is met jou lewe dat dit net sowel jou stille minnaar genoem kan word. Kyk na die rekenaarskerm voor jou. Suiwer wiskunde.

Die afgelope week het ek meeste van die tyd gestoei met ’n wonderlike boek wat my hierdie situasie baie goed laat snap het. Kate Kitagawa en Timothy Revell se The Secret Lives of Numbers: A Hidden History of Math’s Unsung Trailblazers.

Ek kan dit aanbeveel vir diegene wat dieselfde gevoel het oor wiskunde as ek. Vir die ingewydes natuurlik ook – baie van die dinge sal vir hulle ou nuus wees, maar dit is die Groter Argument van Kitagawa en Revell wat vir hulle ook nuus sal wees. Daardie Groter Argument is dat dit verkeerd is om te dink dat die wiskunde sy oorsprong by die antieke Grieke het, en dat dit deur die jare ontwikkel het as die intellektuele chakra van die Westerse beskawing, en feitlik uitsluitlik die domein van Europese mans is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.