DAE rol verby en die winter staan einde se kant toe. Ek meet my lewe in geleesde bladsye. Ek vertel jou van drie nuwe romans. ’n Plaaslike spannings-liefdesverhaal en twee huishoudelike rillers – een uit Amerika en een uit Engeland.
Connie Luyt het ’n groot gevolg opgebou. Haar boeke is selfs in Nederlands vertaal. Ek is nie haar teikenmark nie, so ek praat uit my beurt, maar ek het haar jongste, As klippe kon praat, gelees en dit was heel onderhoudend. Ja, dis soet en inspirerend, met ’n Christelike toon. Goed en wel.
Wat my pla, is dat die leser inligting gevoer word en dat feite met ’n hamer ingeslaan word. Moenie vir my 20 maal vertel die held is verlief op die heldin nie. Wys dit. Suggereer dit, laat die leser dit aanvoel, hoop en wonder. Nog ’n ding waaraan ek ’n broertjie dood het, is 'n gemymer en getob van karakters, byvoorbeeld: die heldin dink by haarself dat die lewe darem onvoorspelbaar en ongenaakbaar is. Nes jy dink jy staan, word jy omgeslaan. Sy wonder of sy ooit weer gelukkig sal wees, ooit weer onbevange sal kan lag. My mening: As jy wil skryf oor karakters wat tob, moet jy ten minste Shakespeare wees:..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
NOIR
Om spektakelagtig uit te rafel tussen drankbottels en vetterige kitskoshouers
Ons boekeredakteur is immer verras deur die veerkragtigheid van die menslike psige.
Deel
DAE rol verby en die winter staan einde se kant toe. Ek meet my lewe in geleesde bladsye. Ek vertel jou van drie nuwe romans. ’n Plaaslike spannings-liefdesverhaal en twee huishoudelike rillers – een uit Amerika en een uit Engeland.
Connie Luyt het ’n groot gevolg opgebou. Haar boeke is selfs in Nederlands vertaal. Ek is nie haar teikenmark nie, so ek praat uit my beurt, maar ek het haar jongste, As klippe kon praat, gelees en dit was heel onderhoudend. Ja, dis soet en inspirerend, met ’n Christelike toon. Goed en wel.
Wat my pla, is dat die leser inligting gevoer word en dat feite met ’n hamer ingeslaan word. Moenie vir my 20 maal vertel die held is verlief op die heldin nie. Wys dit. Suggereer dit, laat die leser dit aanvoel, hoop en wonder. Nog ’n ding waaraan ek ’n broertjie dood het, is 'n gemymer en getob van karakters, byvoorbeeld: die heldin dink by haarself dat die lewe darem onvoorspelbaar en ongenaakbaar is. Nes jy dink jy staan, word jy omgeslaan. Sy wonder of sy ooit weer gelukkig sal wees, ooit weer onbevange sal kan lag. My mening: As jy wil skryf oor karakters wat tob, moet jy ten minste Shakespeare wees:..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Winterbach het die onmoontlike vermag
Seun van die nasie, en onrus in Onrus
’n Rooi windjekker en flikkerende dildo
Geel soos die son, swart soos die nag
Boeke wat jou brose psige verniel
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.