Ons leef in ’n nagmerrie en lyke stapel op

SIELKUNDIGE RILLERS

Ons leef in ’n nagmerrie en lyke stapel op

DEBORAH STEINMAIR kyk in hierdie windverwaaide Augustus gereeld oor haar skouer.

O, DIE onverdunde vreugde van lees! As ek dit kan verhelp, tree ek nooit as te nimmer af nie, want die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval. Koeriers lewer gereeld pakke boek by my hek af, gratis. Al wat ek hoef te doen, is lees. En skryf. Ek gaan vandag vier romans dek, want ek moet voor bly – drie noirs en ’n liriese Ierse debuut wat self so donker soos die nag is.

Hierdie is my soort noir. Nie besaai met moordtonele, speurders en forensiese bewyse nie. In ’n slaperige dorpie in Vermont word ’n meisie vermoor. Net een. ’n Boer vind haar in sy lande, naak en mismaak. Nou leer die leser haar familie en vriende beter ken. Almal is natuurlik verpletter, maar dis duidelik dat sy vermoor is deur iemand na aan haar, iemand met ’n persoonlike agenda.

Ek was reg oor die moordenaar, maar ek is vertroud met onbetroubare vertellers en ek weet al hoe om te lees, en dikwels is ek ook verkeerd. Dis die huishoudelikheid waarvan ek hou, die eenvoud, die skerp karakterisering. Daar is ’n ligte bonatuurlike element, wat my ook aanstaan. ’n Boek wat jou deur ’n winternag dra en laat nadink oor die lukrake breekbaarheid en kortstondigheid van die lewe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.