Seks, rykmanskinders en bloed skenk

KERNEELS LEES WYD

Seks, rykmanskinders en bloed skenk

KERNEELS BREYTENBACH vertel van drie uiteenlopende boeke wat jou gaan laat regop sit.

OM oor seks te skryf, is ’n gawe wat min skrywers werklik het. Om oor geen seks te skryf, dus ’n situasie waar seks wel die ideaal is maar die deelnemende partye mekaar nie vind nie, dít is ’n saak van amperse onmoontlikheid. Seks raak aardig, kantel slordig oor na die dinge wat op skaamtelose webwerwe gedy. Geen seks het ’n ander ruimte nodig, een wat mens nie sonder meer besoek nie weens die kwelgeestigheid wat mens daar vind.

Sarah Manguso se roman Liars begin by ’n lewe van welgeluksalige seks, en eindig met ’n beskrywing van die manier waarop 'n mens eers moet aanvaar dat die seksuele sy van jou bestaan vir eers dormant geword het, en daarna kan jy weer begin lewe. Jou liefdesgenoot moet eers in jou kop sterf.

Liars is ’n roman wat 'n mens só in die skermerkamers van jou siel aanspreek dat jy dit in een sitting moet afhandel – jy weet as jy halfpad deur gaan verpoos, sal jy nooit weer die moed hê om dit klaar te lees nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.