SOMS lees ek ’n hele week lank aan een boek. Nie omdat dit so dik is nie, maar omdat dit my uitdaag, my gedagtes op loop sit, my laat nadink en paragrawe oor en oor laat lees. Só ’n boek was Godwin van Joseph O’Neill. Ek was ook vir ’n paar dae weg en daar was veel wat my aandag afgelei en my kop besig gehou het, maar tussen alles het die boek se essensie bly hang, soos die herinnering aan ’n droom.
O’Neill is in Ierland gebore en het in Mosambiek grootgeword, asook Irak en Nederland. Hy het in Engeland as ’n advokaat gewerk voordat hy na New York verhuis het. Sy twee vorige romans was op die langlys vir die Booker-prys en het ’n hele paar ander pryse verower. Sy kortverhale en niefiksie verskyn gereeld in die New Yorker en ander gerekende publikasies.
As hy my aan iemand op eie bodem herinner, is dit Ingrid Winterbach en S.J. Naudé. In skryfklasse word ’n mens vertel dat karakters ’n duidelike dryfveer of motivering moet hê, iets wat hulle begeer of waarna hulle hunker. Karakters in hierdie skrywers se boeke weet nie altyd wat hulle wil hê nie, hulle het nie ’n vyfjaarplan nie, hulle dobber voort en dinge gebeur met hulle, hulle is hulpeloos en amper willoos soos slaapwandelaars. Dis hoe een van die hoofkarakters in Godwin, Mark Wolfe, is. Só som ’n kollega hom op: “Wolfe was self-absorbed, yes, but not without compassion when he escaped the cloud of preoccupation that followed him everywhere. I placed him in that class of sensitive intellectuals who are vulnerable to confusion.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
GODWIN
Komplekse, clueless kinders van die wind
DEBORAH STEINMAIR se kop is vir 'n hele week beset deur 'n boeiende roman wat nog lank by haar gaan spook.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ons leef in ’n nagmerrie en lyke stapel op
Om spektakelagtig uit te rafel
’n Sterk, nootvaste stem vir Vrouemaand
Winterbach het die onmoontlike vermag
Seun van die nasie, en onrus in Onrus
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.