Raaiselagtige verdwynings en gruvondste

MISDAAD

Raaiselagtige verdwynings en gruvondste

DEBORAH STEINMAIR het saam met twee skrywers afgeduik in die dieptes op soek na liggame en misdadigers.

EK het twee Afrikaanse misdaadromans gelees waarvan min of meer die enigste ooreenkoms die name van die held in albei boeke is: Alex in Donker water en Alek in Breekpunt. Ek het ook iets heeltemal anders gelees: Dibi Breytenbach se roman Heks, wat nie misdaadfiksie is nie, maar die verslag van ’n vrou wat haar rebelse self vind en haar innerlike heks omhels – deurspek met Breytenbach se eiesoortige, onnabootsbare spin op mites en verhale oor gode, wat voor die voet jags en bloeddorstig was. Dit speel af terwyl die onmenslike oorlog in Oekraïne ontvou. Dis ’n betowerende leeservaring en ek skryf volgende week daaroor.

Ons is gewoond dat Martin Steyn se bekroonde misdaadfiksie nogal gietswart is. Sy oog is ingestel op die donker kant van menswees, hy het ’n fassinasie met reeksmoordenaars en hulle motivering. Hierdie roman is ’n perd van ’n ander kleur – dis steeds donker, maar langsaam en keurig ingekleur, sonder ’n deurlopende spanningslyn of net een raaisel om op te los.

Dit begin stadig, en verdienstelik so, met die vriendskap tussen twee ouens in die polisie. Hulle is regte guys wat hou van motorfietsry, duik en braai. Die dieper seun is Alex Steytler, wat nie heeltemal seker is wat hy met sy lewe wil doen nie. Sy vriend Pyper is waaghalsig en sorg altyd goed vir homself. Hulle vriendskap en aktiwiteite, hulle omgewing en werk word treffend geskilder. Hulle werk op treine en dis nogal senutergend en soms grusaam, soos wanneer iemand voor die trein inspring en die stukke opgetel moet word. Steyn beskik oor die vermoë om tot in die fynste ontsteltenis stel inkleding te doen sodat die leser die toneel waarneem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.