Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Merkwaardige, outistiese katteliefhebber
KERNEELS BREYTENBACH het onder andere 'n biografie van 'n eksentrieke katmens verslind en wys hoe om 'n vermaarde kunskritikus se nuwe boek te gebruik.
Deel
VRA jouself af hoekom jy so lief is vir katte, en as jy heeltemal eerlik met jouself is, is die antwoord eenvoudig. Omdat mense so sieldodend is. Katte het nie geheime nie. Hulle is jou meerdere. Sommige mense besef dit net vinniger as ander.
Louis Wain was een van hulle. Terwyl Jameson sy oë op die Witwatersrand had, terwyl Buller van Majuba gespring het, terwyl die vredesverdrag van Vereeniging geteken is, terwyl Jannie Smuts Suid-Afrika in die Groot Oorlog gedompel het, en toe De la Rey geskiet is, het Wain se katte in Europa, die VSA en waaragtig ook in die Verre Ooste gholf gespeel. Langs die promenade geflaneer. Regsuitsprake gelewer. Sjiek gewees. Hul kragte by die spa herwin, sjampanje gedrink. Terwyl die mensdom penisillien ontdek het en die vliegkuns bemeester het, het Wain se kattekuns ’n metaproduk van die elegante lewe geword.
Hy was ’n Engelse kunstenaar wat volgens enige denkbare definisie as ’n weirdo beskryf kan word. Hy was ’n versamelaar van katte – lewend, dood, opgestop, porselein, sement, hout – en dan het hy hulle in ’n verstommende reeks kunswerke, tekeninge en waterverfwerke uitgebeeld...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Seksverslawing en die slagoffers daarvan
Seks, rykmanskinders en bloed skenk
Die wonderwêreld van syfers en Magnum
Kortkuns, ’n skarminkel en die taal van oorlog
Die CIA, ’n huishoudster en sensuur
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.