Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Kweek goeie gewoontes aan in jou herfsjare
KERNEELS BREYTENBACH het met aandag gelees aan 'n boek oor kerngewoontes, 'n riller wat in Israel afspeel en 'n verfrissende debuut.
Deel
IEMAND het gevra hoekom James Clear se Atomic Habits: Tiny Changes, Remarkable Results nie geresenseer is nie. Dis bo-aan Nielsen se lys van topverkopers in Suid-Afrika. Die boek het al meer as 20 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop, en is in 60 tale vertaal, sê die uitgewer vir my. In Suid-Afrika alleen is tot op datum 100 707 daarvan deur die publiek aangeskaf. Internasionaal gesproke is dit die eweknie van Bessel van der Kolk se The Body Keeps the Score.
Maar Atomic Habits is anders. James Clear se kritici (hy het baie, vanweë sy welslae, dis maar hoe dit gaan) wys daarop dat hy nie werklik ’n kenner van enigiets in besonder is nie. Net nog ’n ou met sy eie blog en nuusbrief. Iemand wat agtergekom het dat sy manier van nuwe gewoontes aanleer skouspelagtige resultate het. Iemand wat die kuns van blog-skrywery gesnap het.
My ma sou vreeslik lief vir hom gewees het. Al daai dingetjies wat ek as kind moes aanhoor – elke ding het sy tyd en plek, doen die sleur eerste, was agter jou ore, borsel jou tande wanneer jy opstaan …..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Merkwaardige, outistiese katteliefhebber
Seksverslawing en die slagoffers daarvan
Seks, rykmanskinders en bloed skenk
Die wonderwêreld van syfers en Magnum
Kortkuns, ’n skarminkel en die taal van oorlog
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.