HIER is ’n boek wat my laat onthou waarom ek lief is vir lees. Dis soos ’n lang glas water met kondensasie teen die kante, ’n onweerstaanbare mengeldrankie wat reguit kop toe gaan. Die leser duik pens en pootjies in, hoofsaaklik omdat die karakters so menslik en onvolmaak is. Jy belê heelhartig in hulle. Dan is daar natuurlik Breytenbach se skryfstyl ook, die onnabootsbare manier waarop sy ’n storie kan vertel met die swierige wip van haar eiesoortige brein en fyn humorsin.
Die leser leer nooit die hoofkarakter se naam ken nie en dit voel gepas, want sy voel onsigbaar, soms deursigtig. Sy is 25 jaar reeds getroud met ’n bleeksielboelie wat haar daagliks afkraak en wegkap aan haar menswees. Ons leer wel haar hart ken, haar versugtinge, haar ruim binnelandskap en aspris humorsin. Die naamloosheid maak haar ook universeel eerder as spesifiek.
In die eerste toneel is sy in die arms van M, wat staan vir minnaar. Hulle liefdesverhaal begin as ’n breinflirtasie, ’n kuberomhelsing. Elk is die ander se verlore helfte – hulle is geesgenote en lyflike pasmaats. Maar hulle is albei met ander mense getroud. Hulle verhouding staan in die teken van afskeid, want soos die geeste van Achilles en die beeldskone Helena mag hulle nie saam wees op land waarop die son skyn nie. Hy is 'n sakeman wat na oorloggeteisterde gebiede reis...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
EROTIKA
Om jou innerlike heks te omhels
DEBORAH STEINMAIR is begogel deur 'n sterk vroulike teks vol sprokies, mites en lyflike sensualiteit.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Raaiselagtige verdwynings en gruvondste
Ore penorent vir ATKV-Woordveertjies
Komplekse, clueless kinders van die wind
Ons leef in ’n nagmerrie en lyke stapel op
Om spektakelagtig uit te rafel
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.