Dora Maar, muse van die minotaur

VERGETE GENIE

Dora Maar, muse van die minotaur

DEBORAH STEINMAIR het met afgryse en verwondering gelees oor die hartseer lewe van een van Picasso se minnaresse, en met die skrywer van die roman gesels.

LOUISA Treger is ’n Britse skrywer met Suid-Afrikaanse wortels: Haar ma is van Suid-Afrika en sy het nog familie hier. Haar 103-jarige Suid-Afrikaanse tante is onlangs oorlede. Sy het kom kuier om haar jongste boek, The Paris Muse, hier bekend te stel.

Sy is in Londen gebore en het klassieke musiek aan die Royal College of Music en die Guildhall School of Music gestudeer. Sy was vryskut- orkestrale violis en onderwyser. Daarna het sy begin skryf en ’n PhD in Engels, met die klem op vroeg 20ste-eeuse vroueskrywers, aan die University College London behaal. Al haar (bekroonde) romans is historiese fiksie en haar sending is om ’n stem te gee aan geniale vroue wat deur die geskiedenis oorgesien is, of wie se rol geringgeskat is. Sy wil hulle in hul regmatige plek herstel.

In The Paris Muse val haar blik op Dora Maar, ’n merkwaardige vrou en kunstenaar wat toevallig ook Picasso se interessantste minnares en muse was, en wat min of meer vernietig is deur sy intensiteit en wreedheid oor ’n tydperk van nege jaar, waartydens hy deurgaans ander verhoudings gehad het en die vroue teen mekaar afgespeel het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.