EK het drie rillers gelees wat ek in volgorde van voorkeur bespreek. In al drie word moorde gepleeg en hang daar tergende raaisels vir die leser om op te los. Anders as in die lewe, word alle vrae mooi beantwoord en geheime uitgelap aan die einde. Dis een van die redes waarom ons lees. Ek is so ’n gesoute leunstoelspeurder dat ek min of meer kan gaan aanmeld vir diens by die SAPD. Natuurlik sou ek gedurig gesuspendeer word omdat ek, soos my gunsteling- papierspeurders, ongeduldig en impulsief is en onbevoeg om prosedure te volg. Soos hulle sou ek ook ’n idee in my kop kry en al my fokus op ’n spesifieke verdagte rig terwyl die ware perpetreerder oorgesien word. Want soos dit vir my lyk is speurwerk maar soos fortuin vertel, dobbel of skryf: Deurbrake het grootliks met jou sesde sintuig te doen, en geluk.
In die misdaadfiksie-genre is Linwood Barclay ’n topverkoper. Stephen King noem hom ’n meester van spanning. Boonop slaag hy daarin om lyf te gee aan karakters. Ek wil die hoofkarakter en verteller in hierdie boek tipeer met ’n beskrywing wat ek in Christelle Wessels se Wegkruiper raakgelees het: Hy is ’n kakkerlak. Hy het kakker luck as ander mense. Die slingervelle en pyle van die noodlot peper hom soos vir Hamlet. Hy het minder sukses as Murphy. Richard Boyle is ’n Engelsonderwyser en ’n goeie, regverdige mens. Hy het ’n oordrewe pligsbesef en ’n redderskompleks. Hy neem swak besluite.
Toe hy vanuit sy klaskamer sien hoe ’n gewapende man die skoolgrond betree en die deur van die skoolgebou nader, beveel hy sy klas om die deur te sluit en plat te lê. Self hardloop hy agter die aanvaller aan. By die (oop) deur van die gebou keer hy die man af en begin met hom praat. Dis ’n oudleerling wat (gelukkig) respek vir hom het – met dinamiet om sy lyf. Boyle oorreed hom om stadig weg te stap. Ongelukkig val hy oor sy los skoenveter en blaas homself bokveld toe. Niemand anders is beseer nie; Boyle het net skraapwonde...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
MISDAADFIKSIE
Skadu’s, afdraaipaaie en koue rivierbodems
DEBORAH STEINMAIR weeg drie van HarperCollins se spannende misdaadromans teen mekaar op.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Om jou innerlike heks te omhels
Beeld – jou wêreld, jou koerant
Raaiselagtige verdwynings en gruvondste
Komplekse, clueless kinders van die wind
Ons leef in ’n nagmerrie en lyke stapel op
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.