ELKE nou en dan verskyn daar uit die bloute ’n uitskieter in die Afrikaanse literêre landskap. ’n Boek wat jou soos ’n koors pak sodat jy nie kan ophou lees tot die laaste bladsy, êrens lank ná middernag nie. Só ’n boek is PJO Jonker se Die onsigbare. Dit het my algeheel begogel. Dis moeilik definieerbaar; dis ’n plaasroman met eggo’s van al my ou gunstelinge soos Fanie se veldskooldae en Stories van Rivierplaas, ’n liefdesroman soos Tryna du Toit se stories van ’n jong man en ’n nooi wat die rantjie uitgalop op spoggerige rosse, van radiodramas soos Die Du Toits van Soetmelksvlei, ’n kleindorpstorie soos Mikro se mooistes, ’n grimmige sprokie van opstaan en val en opstaan soos The Pilgrim’s Progress en The Fisher King. ’n Karooroman soos Toorberg. ’n Aangrypende geestelike boek soos F.A. Venter s’n. Die verteller het ’n slim, verfynde goeilikheid soos Daan van der Walt.
Dis ’n hedendaagse plaasroman waar die hoenders huis toe gekom het om nes te skop. Dis die nuwe Suid-Afrika en transformasie pootjie haarself. Die sondes van die vaders het saadgeskiet soos Port Jacksons. Die kloof tussen ryk en arm skeur ál dieper. Die verarmde arbeiders verstaan nie dat die oënskynlik rykgatboer op ’n oortrokke fasiliteit oorleef en aanhou prakseer om kos en werk te skep nie. Hulle onderskei nie tussen rassistiese slawedrywers en “goeie” wit mense nie – die wonde lê te diep.
In hierdie chaotiese landskap, met die elemente ook nog teen hom, tref ons Jada Olivier aan: ’n regvaardige man. Ná ’n kort tienerrebellie waar hy rou was, vind hy die sinjaalsleutel wat sy lewe op ’n ander spoor laat beland. Met die liefde van Jesus in sy hart erbarm hy hom oor die armes en sondaars. Hy het ’n redderskompleks soos sy verlangse voorsaat Wolraad Woltemade. Soos die Verlosser sal hy heelnag oor berg en dal stap op soek na een verlore skapie. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
PLAASROMAN
Die onsigbare: Die hellevaart van ’n redder
DEBORAH STEINMAIR is gaande oor 'n nuwe uitskieter, uit die bloute, op eie bodem.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Skadu’s, afdraaipaaie en koue rivierbodems
Dora Maar, muse van die minotaur
Om jou innerlike heks te omhels
Raaiselagtige verdwynings en gruvondste
Komplekse, clueless kinders van die wind
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.