Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Sprokies, klassieke musiek en geheime
Ons eklektiese leesvraat, KERNEELS BREYTENBACH, sien kans vir enigiets, van sprokies tot intrige.
Deel
SLAPENSTYD het ’n Franse vrou en Franse wewenaar deur Neelsie se skedel gewandel. My ouers, en oupa, het hulle goed geken, via Rene Pauw se Sprokies uit Towerland, Pienaar se ’n Uur in Sprokiesland en ander boeke wat net ’n vae herinnering bly. Hoe moes ek geweet het die Franse wewenaar was Charles Perrault, en die vrou Marie-Catherine d'Aulnoy? Albei was teenwoordig as grootmense besig met grootmensdinge by die geboorte van die moderne sprokie, en sy is boonop verewig in “Die storie van die donkie se vel".
Daardie storie word aan die begin van The Modern Fairies van Clare Pollard oorvertel deur Perrault self op een van die literêre salonne wat madame D’Aulnoy gedurende die heerskappy van sy koninklike heugelikheid Lodewyk XIV gehou het.
Halfpad deur besef Perrault hy is hier in ’n ligte mistykie gevange. Die storie van die donkie se vel is eintlik die versluierde verhaal van madame D’Aulnoy self. Alles daarin is vir sy gehoor herkenbaar – ’n sprokie as ligte satire oor die koninklike hofhouding en die skandes en skandale van die adel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Dobbelaars, swendelaars en Ponzi-skemas
Goeie gewoontes in jou herfsjare
Merkwaardige, outistiese katteliefhebber
Seksverslawing en die slagoffers daarvan
Meer as net ’n flou flatus in ’n bitter caffè lätte
Seks, rykmanskinders en bloed skenk
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.