KI-doemprofeet se futuristiese nagmerrie

KERNEELS LEES WYD

KI-doemprofeet se futuristiese nagmerrie

KERNEELS BREYTENBACH het 'n waarskuwing oor potensieel vernietigende gevolge van kunsmatige intelligensie gelees.

DIE filosoof Jacques Barzun vertel in From Dawn to Decadence: 500 Years of Western Cultural Life hoe die druk-revolusie die ontwikkeling van Christelike denke verander het. Martin Luther se 95 stellings, op 31 Oktober 1517 teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker, was bedoel as gespreksdokument vir die Katolieke monnike.

Maar Luther het self handgeskrewe kopieë gemaak en versprei, en een van sy vriende het dit aan ’n buddy in die suide van Duitsland gestuur. Guttenberg se drukperse was in daardie streek in gebruik, 40 jaar al in daardie stadium, sodat meer geskikte papier en ink in die prosesse gebruik is. Jy moes die goed verbrand of opskeur om dit te vernietig. Die vriend het die leerstellings laat set. ’n Paar duisend afdrukke is gemaak. Een daarvan het die heersende pous bereik, wat nie gedink het dis snaaks nie en dadelik teen Luther opgetree het. Luther had geen ander keuse as om pa te staan vir die Protestantisme nie.

In Yuval Noah Harari se Nexus: A Brief History of Information Networks from the Stone Age to AI, ’n baksteen van ’n boek, beskryf hy hoe elke groot ontwikkeling in kennisvorming, -verspreiding en -toepassing die mensdom se vermoë om sigself te handhaaf geraak het. Alles gaan oor netwerke van inligting deur die eeue. Volgens Harari het elke inligtingsepog sekere aspekte gemeen met sy voorgangers. Nuwe inligtingstelsels is geskep, maar omdat homo sapiens dit bestuur het, het elke nuwe epog gevind dat in die vorige epog “foute, leuens, fantasieë en fiksies” ook deel van die onkreukbare “inligting” was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.