SOMS het ek nie die krag vir kortverhale nie. Ek wil liefs my neus in ’n boek verberg en verdiep raak in een storielyn en een stel karakters. Ek het Jeffery Deaver se lywige bundel Dead Ends opgetel en besluit om eerste oor my gunstelingkarakter, Lincoln Rhyme, te lees. Ja, daar is ’n kortverhaal oor hom en sy mense. Maar dis naby die einde van die boek en ek besluit: Nee, miskien is daar ’n stygende spanningslyn, miskien loop stories oor van een kortverhaal in ’n ander – dit gebeur soms. Hier is dit nie die geval nie, maar ek was vasgenael en het die stories een ná die ander verorber.
Dis soos om ’n stapel misdaadromans te spoedlees. Telkens word ’n hele wêreld geskep met mense, plekke en intriges, fyn ingekleur. Dis soos daardie misdaadreekse op TV waarvan jy weet dat elke episode alleen kan staan, dat die boosdoener vasgetrek en alles opgelos gaan word in hierdie aflewering. Dis soos speed dating. Gesigte kom en gaan.
Die eerste verhaal handel oor ’n babysitter, ’n hoërskoolmeisie, blond, Amerikaans, 'n cheerleader-tipe wat vir ekstra sakgeld kinders oppas. Sy merk per ongeluk inkriminerende materiaal in die studeerkamer van twee kinders se ouers op. Die ouers hou haar elektronies dop en sien dat sy dit sien. Ongelukkig is hulle geharde sindikaatmisdadigers en nou is haar lewe niks werd nie. Hulle huur ’n huurmoordenaar en die leser hou haar hart vas vir die arme kind. Maar, wees gerus: Daar is altyd ’n kinkel, niks is soos dit voorkom nie en die einde sal jou verbaas. Dan is jou naels egter reeds stomp gekou...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
SPANNING
Kort brokke vir haastige misdaadvrate
DEBORAH STEINMAIR het Jeffery Deaver se lywige bundel kortverhale verslind en beveel dit hoog aan.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Poësie oor rou en lewensviering
Die hellevaart van ’n ridder
Skadu’s, afdraaipaaie en koue rivierbodems
Dora Maar, muse van die minotaur
Om jou innerlike heks te omhels
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.