KATE ATKINSON is een van my gunstelingskrywers. Aanvanklik het ek haar verwar met Margaret Atwood – ek het nie ’n brein vir name nie. Haar eerste boeke was literêr en is bekroon, soos Behind the Scenes at the Museum, Human Croquet en Emotionally Weird. Toe sy haar hand aan misdaadfiksie waag, was ek verheug. Hier het ons ’n sterk letterkundige stem, ’n goddelose sin vir humor en ’n briljante kop vir storielyne. O, en die karakters bly jou vir ewig by. Dit het al gebeur dat literêre skrywers oorslaan na die misdaad-genre. Ek dink aan Susan Hill. En sommige misdaad- of sielkundige-rillerskrywers soos Agatha Christie en Ruth Rendell was eenvoudig so uitstekend dat genre ’n bysaak word.
Ek het ál Atkinson se boeke gelees. Haar karakter Jackson Brodie is ’n ou vriend van my, soos van die res van die wêreld. Hy is ouer, beskadig en ongelooflik empaties. Hy raak altyd persoonlik betrokke by sake. Hy vat kortpaaie en buig die reëls om mense te red en het geen orgaan vir prosedure nie. Hy is ’n mensch en dis lekker om saam met hom te kuier, al loop hy gedurig sy rieme styf.
In Death at the Sign of the Rook verskyn Brodie weer. Hy is 'n privaatspeurder en word deur ’n tweeling, ’n broer en suster, gevra om die verdwyning van hulle oorlede ma se waardevolle skildery te ondersoek. Dit dateer glo uit die Renaissance en is ’n portret van ’n vrou met ’n soort muishond op haar skoot. Die skildery het saam met hulle ma se oppasser, Melanie, verdwyn. Hulle het geen “provenance” (herkomsdokumente) nie en daarom vermy hulle die regte polisie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
MISDAAD
Swart kraaie en rooi bloed op wit sneeu
DEBORAH STEINMAIR het tussen die eksentrieke, stapelgek Britse aristokrasie in 'n kasteel gekuier.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Skadu’s, afdraaipaaie en koue rivierbodems
Dora Maar, muse van die minotaur
Om jou innerlike heks te omhels
Beeld – jou wêreld, jou koerant
Raaiselagtige verdwynings en gruvondste
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.