Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Kristofferson, die wilde Amerikaner
KERNEELS BREYTENBACH het ná die country-ikoon se dood 'n biografie oor hom gelees. En 'n Elizabeth Strout.
Deel
KRIS KRISTOFFERSON het die afgelope week in my huis gesing – ’n soort roubeklag deur die pas afgestorwene self, wat 'n mens aan die gang sit om jou te herinner aan hoeveel plesier hy jou deur die jare gebring het. Ook het ek Stephen Miller se Kristofferson: The Wild American herlees. Die enigste boek wat jou naby aan dié geniale countrysanger kan bring.
Kristofferson: The Wild American is “unauthorised”, wat beteken Stephen Miller het nie die samewerking van sy onderwerp geniet nie. Ook nie dié van sy ekse of sy familie nie. Wat orraait is, want Kristofferson se eie memoirs, wat in 2009 deur Hyperion Books aangekondig is, het tot vandag toe nie verskyn nie. Sal ook nooit nie, want Kristofferson se geheue het hom al sedert 2004 parte gespeel.
In daardie jaar het dokters aan die sanger gesê hy het Alzheimersiekte. Hy het dit stilgehou en al die medikasie geneem wat hulle voorgeskryf het. Sy toestand het vererger en in 2016 het Rolling Stone-tydskrif aangekondig dat Lyme-siekte by Kristofferson gediagnoseer is. Die Alzheimerdiagnose was verkeerd en die medikasie daarvoor het die Lyme-siekte vererger...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
KI-doemprofeet se futuristiese nagmerrie
Sprokies, klassieke musiek en geheime
Dobbelaars, swendelaars en Ponzi-skemas
Goeie gewoontes in jou herfsjare
Merkwaardige, outistiese katteliefhebber
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.