HET jy al Ivan Vladislavić gelees? Daar verskyn soveel Afrikaanse boeke en soveel uitmuntende boeke wêreldwyd, dat Suid-Afrikaanse Engelse skrywers dikwels verwaarloos word, soos profete wat nie in hulle eie land geëer word nie. ’n Profeet in ons midde is Vladislavić en ek gaan nou al sy boeke lees – voorheen was hy net ’n naam op my radar.
Hoe klassifiseer ’n mens The Near North? Dis nie heeltemal ’n roman nie, dis moontlik niefiksie omdat dit taamlik outobiografies is, dis ’n dokumentering, dalk kreatiewe niefiksie. In Afrikaans doen Kleinboer dieselfde ding, met groot verskille: hy dokumenteer sy dag, jou buurt, noem klein dingetjies wat hy waarneem of versamel en waaraan dit hom laat dink. Kleinboer gaan op in die skadukant van die lewe, die onderbuik van die samelewing. Vladislavić werp ’n belese, geleerde, verfynde blik op die verval en die skoonheid, sonder om te oordeel.Die boek is soos Eben Venter se Decima; feite en fiksie vervleg, met 'n breë verwysingsraamwerk.
Hy is die koning van opnoeming: lysies maak. Hierdie verteltegniek het ek die eerste keer ontdek in The Pillow Book deur Sei Shōnagon. Dis eweneens ’n liriese boek vol waarnemings en mymeringe. Vladislavić noem sade op sy rak en blomme in sy tuin op en dit lees soos ’n gedig. Hy noem die dinge wat hy op sy staptogte optel en dit word ’n kunsversameling. Hy het die opgaarder se oog. Dit verskil van reisverhale omdat in laasgenoemde die verteller telkens nuwe horisonne verken sodat hy weer, soos ’n kind, asof vir die eerste keer waarneem. Vlad, soos die verteller homself noem, verken bekende bakens, stap ’n sekere roete oor en oor, in so 'n mate dat ’n mens sou dink hy het die vermoë om dit waar te neem, verloor. Maar nee, hy breek deur die eentonigheid en sien telkens in die bekende landskap nuwe, voorheen nie-gesiene dinge...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
KREATIEWE NIEFIKSIE
Vladislavić: onbesonge profeet van Gauteng
DEBORAH STEINMAIR het 'n nuwe Suid-Afrikaanse skrywer raakgeloop, met groot vreugde.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Kort brokke vir haastige misdaadvrate
Swart kraaie en rooi bloed op wit sneeu
Die hellevaart van ’n ridder
Skadu’s, afdraaipaaie en koue rivierbodems
Dora Maar, muse van die minotaur
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.