Elvis en sy nageslag se verdagte gene

OUTOBIOGRAFIE

Elvis en sy nageslag se verdagte gene

KERNEELS BREYTENBACH het meer uitgevind oor Elvis en sy nasate as waarmee hy gemaklik is.

'n MENS kry jou helde nooit heeltemal uit jou bewussyn nie, totdat hul nageslagte jou geen ander keuse laat as om van hulle te wil vergeet nie. Elvis Presley was altyd een van my helde – en nou het sy dogter, Lisa Marie Presley, en sy kleindogter, LMP se dogter Riley Keough, met die boek From Here To The Great Unknown: A Memoir gesorg dat ek met meer nugterheid oor Elvis kan dink.

Ek is nie skaam oor die manier waarop ek die boek benader het nie (met die lammerige knieë van ’n fan wat uiteindelik ’n binneblik kry op die heiligdom van die Koning van Rock ’n' Roll), maar ek is wel verleë oor my verwagting dat die boek my nooit sou kon ontstel nie.

Die persoon wat die kitaar geslaan het met die samestelling van die boek is Riley, dogter van Lisa Marie Presley en die baskitaarspeler Danny Keough. Sy is ’n nugter siel (en filmster uit eie reg). Sy het ná haar ma se dood al die bandopnames wat gemaak is om materiaal te verskaf vir LMP se outobiografie self verwerk, en waar daar leemtes was, met haar eie herinneringe aangevul...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.