WANNEER ’n mens reis of tyd in die hospitaal deurbring, is boeke ’n kameraad en kruk. Medikasie, pyn en moegheid meng in en die storielyne bly nie altyd netjies geskei nie. Jy lees meer as wat jy skryf. Later het jy ’n konglomeraat, amper ’n saamindruk van ’n stapeltjie boeke. Ek gaan ’n kort deurloop gee van vyf boeke wat my getroos het.
Hierdie is glo die laaste in die Hans-reeks. Dis ’n besonder frappante karakter wat Rudie van Rensburg geskep het: Hans van Kraaienburg is oor die 90, maar hy is nie ’n ou man nie. Hy is eenvoudig ’n man: koppig, onstuitbaar, met ’n kop vol planne. Soos ’n bejaarde Trompie is hy ’n gebore rebel en hardekoejawel wat hom nie aan reëls en voorskrifte steur nie. Boonop besig hy ’n lieflike, gespierde Afrikaans vol onverwagte metafore. Hy en sy vrind Vasie laat hulle nie voorskryf nie. Vasie is altyd op die loer na ’n vinnige geldmaakskema en ’n gratis dop om te steek.
Hans gaan trou en sy aanstaande se welgestelde familie hanteer en befonds die troureëlings. Hy word gehiet en gebied deur die troubeplanner Alexander Fokkens wat homself ’n bruilofargitek noem. Alles klink heeltemal te swierig vir Hans, wat nie smaak het vir ’n spektakel nie. Intussen verkwansel Vasie in die ouetehuis fluks sitplekke aan die bruilofstafels...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
HANDVOL BOEKE
Leesstof wat jou laat vergeet van vliegtuie, wagkamers en hospitaalsale
DEBORAH STEINMAIR het op haar rug 'n stapeltjie boeke kafgedraf en gee jou die breë trekke.
Deel
WANNEER ’n mens reis of tyd in die hospitaal deurbring, is boeke ’n kameraad en kruk. Medikasie, pyn en moegheid meng in en die storielyne bly nie altyd netjies geskei nie. Jy lees meer as wat jy skryf. Later het jy ’n konglomeraat, amper ’n saamindruk van ’n stapeltjie boeke. Ek gaan ’n kort deurloop gee van vyf boeke wat my getroos het.
Hierdie is glo die laaste in die Hans-reeks. Dis ’n besonder frappante karakter wat Rudie van Rensburg geskep het: Hans van Kraaienburg is oor die 90, maar hy is nie ’n ou man nie. Hy is eenvoudig ’n man: koppig, onstuitbaar, met ’n kop vol planne. Soos ’n bejaarde Trompie is hy ’n gebore rebel en hardekoejawel wat hom nie aan reëls en voorskrifte steur nie. Boonop besig hy ’n lieflike, gespierde Afrikaans vol onverwagte metafore. Hy en sy vrind Vasie laat hulle nie voorskryf nie. Vasie is altyd op die loer na ’n vinnige geldmaakskema en ’n gratis dop om te steek.
Hans gaan trou en sy aanstaande se welgestelde familie hanteer en befonds die troureëlings. Hy word gehiet en gebied deur die troubeplanner Alexander Fokkens wat homself ’n bruilofargitek noem. Alles klink heeltemal te swierig vir Hans, wat nie smaak het vir ’n spektakel nie. Intussen verkwansel Vasie in die ouetehuis fluks sitplekke aan die bruilofstafels...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Onbesonge profeet van Gauteng
Kort brokke vir haastige misdaadvrate
Swart kraaie en rooi bloed op wit sneeu
Poësie oor rou en lewensviering
Die hellevaart van ’n ridder
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.