Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Lekker was nog nooit sleg nie
KERNEELS BREYTENBACH wonder, lesend, of vroue begeerte op 'n hoër vlak beleef.
Deel
AS die mure van die woonstel aan Rue de Belleville in die 20ste Paryse distrik kon praat, sou die verhaal oor eeue strek. Lauren Elkin verkies om in haar debuutroman, Scaffolding, die steierwerk in daardie woonstel as aanknopingspunt te neem. Elkin vertel van twee vroue wat 50 jaar uiteen in die woonstel woon. Albei laat verbou aspekte van die woonstel; die steierwerk word dan die metafoor van die heropbou van hul lewens in daardie tydperk.
Ek sal nie soos ’n manlike Britse kritikus die roman as ’n “brainy sex-romp” beskryf nie. Dis veiliger om te sê Scaffolding wys hoe ons strukture gebruik om ons lewens te herbou, en dat die spore en tekens van mense wat voorheen dáár was sigbaar bly. Dit is ’n bedrieglike roman – gevul met gesprekke en dwalende gedagtes oor die ontwikkelende feminisme, oor kuns en die sielkundige steierwerk wat ons voortdurend oor onsself probeer definieer.
Maar dit is ook ’n roman waarin niemand kan ontkom aan die subtiele ondergrawing van die eie wellus nie. As die mure kon praat, sal hulle sê die intellektuele diskoers is gebou op die onafwendbare aanslag van dierlike voortplantingsdrange...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Elvis en sy nageslag: verdagte gene
Ierse gemoedere, liefde en versaking
Kristofferson, die wilde Amerikaner
KI-doemprofeet se futuristiese nagmerrie
Sprokies, klassieke musiek en geheime
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.