Liefde, vriendskap, verraad en vergelding

VYF ROMANS

Liefde, vriendskap, verraad en vergelding

DEBORAH STEINMAIR vertel jou van vyf nuwe boeke wat jou sitvlak op 'n stoel of stuitjie op 'n bed sal hou.

EK het vyf treffers verslind waarvan ek jou gaan vertel.

Ek het ’n swak vir John Grisham en hofdramas; leerlingprokureurs wat dag en nag werk en aantekeninge maak op yellow legal pads. Effens anders is sy Camino-reeks waarvan ek nou die derde, Camino Ghosts, gelees het. Steeds regsgedinge, gierigheid, wraak en geregtigheid, maar dit speel op ’n eiland af en die hoofkarakter is ’n boekwinkeleienaar, Bruce Cable. Ook op die eiland woon ’n suksesvolle skrywer, Mercer Mann, wat in hierdie boek aan skrywersblok ly. Bruce stel vir haar ’n storie voor: die ware verhaal van Dark Isle, ’n brokkie land naby die Noord-Florida-kus. Die eiland is legendaries vervloek en het ’n troebel geskiedenis. Dit is deur gewese slawe gevestig en hulle nageslag het dit bewoon tot 1955, toe die laaste inwoner gedwing is om dit te verlaat. Sy is Lovely Jackson, bejaard en verknog aan haar geboorteplek, wat sy as haar wettige eiendom beskou.

Nou wil ’n groot korporasie sonder hart, Tidal Breeze, die eiland omskep in ’n luukse oord met 'n casino. Cable help vir Lovely om regsverteenwoordiging te kry en Mercer doen navorsing oor die donker geskiedenis van die eiland. Soos tipies in Grisham-boeke neem ’n individu die stryd op teen Goliatagtige reusekorporasies en politici. Dis altyd bevredigend...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.