EK het twee jeugboeke verslind, elk in een sitting van voor tot agter. Nie omdat hulle dunner as ander boeke was of enigsins minder dig en gekompliseerd nie, maar omdat hulle eindeloos fassinerend was. Hoe weerloos, oop en onseker was ’n mens nie in jou tienerjare nie en hoe helder bly die herinneringe. Ek het die hoogste agting vir jeugboekskrywers, want om daardie stem vas te vang is bitter moeilik.
Zelda Bezuidenhout het haar reeds in verskeie genres gevestig, maar haar jeugboeke knikker my om. Marita van der Vyver het op Facebook genoem hoe onweerstaanbaar Quinn se jaar van kwik uitgegee is, en dis inderdaad so aanloklik soos ’n yskoue mengeldrankie op ’n warm dag. Besonderhede soos die snykante van die bladsye wat seegroen gekleur is met die hashtag #METOO, die eensame blikkie Zam-Buk op die agterblad, die pikswart bladsye voor en agter, die funky voorbladontwerp en treffende titel.
Die inhoud stel nie teleur nie. Die leser word ingetrek in Quinn (vernoem na die Mighty Quinn in die liedjie) se leefwêreld. Sy is ’n matriekkind met ’n rooi vlegsel en liggroen bril. Nadat sy te sosiaal geraak en haar punte gedaal het, haal haar diplomaatma haar uit haar skool in Manhattan en stuur haar na ’n private kosskool op die platteland van Suid-Afrika, ’n sogenaamde koesterskool: Leerders word aangemoedig en ongelukkig kyk die onderwysers ook gereeld anderpad...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
JEUGROMANS
Kwik, Zam-Buk-salf en geblikte chakalaka
Ons boekeredakteur het vir 'n slag tienerfiksie gelees en was aangenaam verras deur die kompleksiteit daarvan.
Deel
EK het twee jeugboeke verslind, elk in een sitting van voor tot agter. Nie omdat hulle dunner as ander boeke was of enigsins minder dig en gekompliseerd nie, maar omdat hulle eindeloos fassinerend was. Hoe weerloos, oop en onseker was ’n mens nie in jou tienerjare nie en hoe helder bly die herinneringe. Ek het die hoogste agting vir jeugboekskrywers, want om daardie stem vas te vang is bitter moeilik.
Zelda Bezuidenhout het haar reeds in verskeie genres gevestig, maar haar jeugboeke knikker my om. Marita van der Vyver het op Facebook genoem hoe onweerstaanbaar Quinn se jaar van kwik uitgegee is, en dis inderdaad so aanloklik soos ’n yskoue mengeldrankie op ’n warm dag. Besonderhede soos die snykante van die bladsye wat seegroen gekleur is met die hashtag #METOO, die eensame blikkie Zam-Buk op die agterblad, die pikswart bladsye voor en agter, die funky voorbladontwerp en treffende titel.
Die inhoud stel nie teleur nie. Die leser word ingetrek in Quinn (vernoem na die Mighty Quinn in die liedjie) se leefwêreld. Sy is ’n matriekkind met ’n rooi vlegsel en liggroen bril. Nadat sy te sosiaal geraak en haar punte gedaal het, haal haar diplomaatma haar uit haar skool in Manhattan en stuur haar na ’n private kosskool op die platteland van Suid-Afrika, ’n sogenaamde koesterskool: Leerders word aangemoedig en ongelukkig kyk die onderwysers ook gereeld anderpad...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Liefde, vriendskap, verraad, vergelding
Boeke kan ’n kameraad en kruk word
Onbesonge profeet van Gauteng
Kort brokke vir haastige misdaadvrate
Swart kraaie en rooi bloed op wit sneeu
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.