Yskoue moord en warm medemenslikheid

NOIRS

Yskoue moord en warm medemenslikheid

DEBORAH STEINMAIR vertel jou wat in die jongste misdaadfiksie-aanbiedings kook.

Richard Osman is ’n fenomeen wat topverkopers uitryg. Te oordeel na sy foto ’n jongerige ou wat skrywer, vervaardiger en TV-aanbieder is. Hy woon glo in Londen saam met sy vrou en sy kat, Liesl. Dit klink soos ’n sprokie: Sy eerste vier romans, The Thursday Murder Club, The Man Who Died Twice, The Bullet That Missed en The Last Devil to Die was multimiljoendollar-topverkopers wêreldwyd. Ek het almal behalwe die laaste gelees: Ek het skielik gevoel ek het dalk vir eers genoeg gehad van kwasterige bejaardes wat moorde oplos. Miskien het die skrywer ook so gevoel, want hierdie boek het ’n nuwe stel karakters, en ek het gou van hulle gehou.

Steve Wheeler is ’n afgetrede cop wat rou oor sy vrou wat verongeluk het. Hy is in ’n groef en leef in die verlede. Hy eet al sy etes in sy pub, neem een keer per week aan die kroegvasvra deel en lyk, volgens sy skoondogter, soos iemand wat ’n roadie vir Iron Maiden was. Hy is nou 'n privaat speurder op ’n klein dorpie en soek meestal na vermiste katte.

Snags gaan sit hy op sy oorlede vrou se gunstelingbankie in die park en praat met haar, in sy diktafoon. Sy skoondogter, Amy, is ’n lyfwag: mooi, paraat en gevaarlik – verslaaf aan adrenalien. Hulle het ’n uitstekende verhouding. Amy pas tans ’n beroemde skrywer, Rosie D’Antonio, op. Rosie is onstuitbaar. Amy reken eers almal hou van haar omdat sy beroemd is, tot sy besef: Sy is beroemd omdat almal van haar hou. Rosie kan haar dop vat, sy is skatryk, vlymskerp en libidinaal. Daar is ook ’n paar gewetenlose skurke, sodat dit darem nie te cosy raak nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.