SOMS wonder ek oor die vrywillige opheffing van ongeloof. Hoeveel sal ons opvreet en oorsien om ons in ’n lekker storie te verdiep? Skrywers stel soms hoë eise van liggelowigheid aan lesers, speel soms kat en muis met lesers en vermeng genres soos hulle lus kry. Dis nie altyd ewe geslaagd nie.
S.E. Tolsen is die skrywersnaam van die egpaar Emma Olsen en Vere Tindale. Bunny, hulle eerste boek, is aangepas van ’n draaiboek wat hulle geskryf het, Crepuscular, genomineer vir Best Feature Screenplay by die 2018-Renegade Film Festival in Atlanta, Georgia. Die roman is verlede jaar by die Aurealis-toekenings in Australië as Best Horror Novel bekroon.
Ek glo ’n mens moet ook buite jou gemaksone en smaakvoorkeur lees. Gruwel-enigiets stoot my af, maar hier het ek my toon, nee, my hele lyf in die water gedruk. Kyk, die gegewe is bonatuurlik. Ek het nog nooit gesukkel met willing suspension of disbelief nie – dis immers ter wille van die storie. Ek maak ruimte vir allerlei verskynsels. Ek het in die 1980's Days of Our Lives gekyk toe die hoofmeisie, Marlena, deur ’n demoon beset is, rooi oë gekry het en lukraak boos opgetree het. ’n Mens maak vergunnings en wie weet tog wat moontlik is?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
RILLERS
Groteske gruwel, galgehumor en snaarstywe spanning
DEBORAH STEINMAIR steek haar toon, eintlik haar hele lyf, in die water van onherbergsame genres en word amper oortuig.
Deel
SOMS wonder ek oor die vrywillige opheffing van ongeloof. Hoeveel sal ons opvreet en oorsien om ons in ’n lekker storie te verdiep? Skrywers stel soms hoë eise van liggelowigheid aan lesers, speel soms kat en muis met lesers en vermeng genres soos hulle lus kry. Dis nie altyd ewe geslaagd nie.
S.E. Tolsen is die skrywersnaam van die egpaar Emma Olsen en Vere Tindale. Bunny, hulle eerste boek, is aangepas van ’n draaiboek wat hulle geskryf het, Crepuscular, genomineer vir Best Feature Screenplay by die 2018-Renegade Film Festival in Atlanta, Georgia. Die roman is verlede jaar by die Aurealis-toekenings in Australië as Best Horror Novel bekroon.
Ek glo ’n mens moet ook buite jou gemaksone en smaakvoorkeur lees. Gruwel-enigiets stoot my af, maar hier het ek my toon, nee, my hele lyf in die water gedruk. Kyk, die gegewe is bonatuurlik. Ek het nog nooit gesukkel met willing suspension of disbelief nie – dis immers ter wille van die storie. Ek maak ruimte vir allerlei verskynsels. Ek het in die 1980's Days of Our Lives gekyk toe die hoofmeisie, Marlena, deur ’n demoon beset is, rooi oë gekry het en lukraak boos opgetree het. ’n Mens maak vergunnings en wie weet tog wat moontlik is?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Wolwe en die stil geweld van drome
Kwik, Zam-Buk en chakalaka
Yskoue moord en warm medemenslikheid
Liefde, vriendskap, verraad, vergelding
Boeke kan ’n kameraad en kruk word
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.