Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Waar Paul Simon die wortels van ritme gaan uitgrawe het
KERNEELS BREYTENBACH is gaande oor 'n deeglike musikale verkenning en analise deur Joe Boyd.
Deel
'n MENS kan dit omtrent sien gebeur. Die fameuse popster Paul Simon is in Johannesburg. Die Ovation Studios, iewers in 1985. Die groot Amerikaanse klankingenieur Roy Halee draai die knoppies. In die ateljee is Simon en ’n handvol van Suid-Afrika se beste musici besig om ’n groove te ontwikkel waarvoor Simon later lirieke sal skryf en wat die eerste snit op die album Graceland sal word: “The Boy in the Bubble”.
Simon vra die een trekklavierspeler, Forere Motloheloa, om nie met elke deurloop die musiek te verander nie. Hy moet speel wat Simon hom vra om te speel. Motloheloa vererg hom uiteindelik bloediglik. Gryp ’n knopkierie en wil Simon daar in die ateljee op sy moer gee. Die ander musici moet hom in toom hou.
Motloheloa se trekklavier-inleiding word die skitterende openingsklank van Graceland. Mens kan sê dit beliggaam die siel van die musiek. En daardie stukkie musiek, vertel Joe Boyd in sy boek And the Roots of Rhythm Remain: A Journey Through Global Music, het Paul Simon laat besluit dat hy iets beet het met sy Suid-Afrikaanse eksperiment: “It was like an announcement: You haven’t heard this before!”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Tucci smul aan roereier met ansjovis
As idees soos virusse in ’n epidemie versprei
Lekker was nog nooit sleg nie
Elvis en sy nageslag: verdagte gene
Ierse gemoedere, liefde en versaking
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.