Wegloop met ’n teddiebeer en heel word onder ’n lappeboom

NATUUR

Wegloop met ’n teddiebeer en heel word onder ’n lappeboom

Ons boekeredakteur vertel van twee lieflike boeke wat hulde bring aan verbeelding, vryheid en ons verbondenheid met die natuur.

TWEE boeke waarvan ek jou wil vertel, stel die natuur voorop as heelmaker en heler – en uit hierdie boeke is dit duidelik dat ons ons verhouding met die aarde moet herstel ten einde onsself te vind en weer in verbinding te tree met ons verbeelding en kreatiwiteit. Die eerste een is ’n kinderboek, maar een van daardie soort wat glad nie net vir kinders is nie, een wat die kind in elkeen van ons aanraak. Die tweede is ’n roman, huishoudelike noir met veel om die lyf; die verhaal van ’n vrou wat heeltemal uitrafel en genesing vind op die platteland, in die skadu van ’n lappeboom. Lees verder om uit te vind wat ’n lappeboom is.

Is almal so lief vir ’n mooi boek soos ek? Boeke soos hulle eens gemaak is, met hardeband, kleurillustrasies, lieflik uitgelê. ’n Objek van skoonheid en boonop vol drome. Daar word nie meer baie sulke boeke uitgegee nie; dis te duur. Maar uitgewers besef dat ons soms met die hande in die hare sit wanneer dit kom by geskenke uitsoek, en dat so ’n boek in heelwat mense se kraal sal val. Ek dink aan die boek The Boy, The Mole, The Fox and The Horse, met lieflike sketse. Persoonlik was die handskrif vir my ’n bietjie moeilik om te lees. Diep lewenslesse word terloops opgedis. Nou is daar ’n splinternuwe een op die rak: Trevor Noah se Into the Uncut Grass.

Op die voorblad is ’n seuntjie wat effens na klein Trevor lyk, met ’n teddiebeer aan die hand, soos Christopher Robin in Winnie the Pooh. Na die seuntjie word net verwys as “the boy” en die teddiebeer heet Walter. Noah vertel in die voorwoord dat die boek geïnspireer is deur sy ewige stryd met sy ma: sy wat ewig reëls neergelê het en hy wat wou wegloop, leeglê en droom. Hy dra dit op aan die verbeelding wat in elkeen van ons leef...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.