Kacsa, die eend, en die ou strydros Rebus

MISDAAD

Kacsa, die eend, en die ou strydros Rebus

Ons boekeredakteur sal elke nuwe boek van Chris Karsten en Ian Rankin lees en jou daarvan vertel.

BENEWENS ’n stapeltjie digbundels het ek dié week twee misdaadromans gelees, een plaaslik en een internasionaal. In al twee staan karakter voorop: Chris Karsten het ’n onvergeetlike karakter geskep in Kacsa, die eend, ’n Hongaarse huurmoordenaar. Ian Rankin het die soveelste Rebus-boek geskryf en ek het soms gewonder of hy nie stoom verloor nie, soos Rafa op die tennisbaan. Tog het ek enduit gelees, agter die kwasterige, gevatte oudpolisieman aan, wat in hierdie roman tronkstraf uitdien.

Chris Karsten het iets reggekry in Afrikaanse misdaadfiksie: stewige agtergrondstories, volronde karakters, internasionale intriges, speurders aan wie lesers geheg raak. Iets gewigtigs, letterkundig, universeel.

Die titel verwys na die Romeinse tyd, toe die keiser se duim (op of af, soos op sosiale media) kon aandui of iemand leef of sterf. Die leser raak vertroud met ’n gevaarlike man, Kacsa, die eend – sy bynaam het gekom vanweë sy waggelstappie. Hy het aankapknieë en ronde dye wat hom soos ’n eend laat loop. Dis nie vir hom lekker om te moor nie, dis bloot ’n werk. Hy sien homself as ’n skoonmaker, soos ’n straatveër. Die mense wat hy doodmaak, beskou hy as teikens eerder as slagoffers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.