Om 16 dagbreke in ’n enkele dag te beleef

KERNEELS LEES WYD

Om 16 dagbreke in ’n enkele dag te beleef

KERNEELS BREYTENBACH is bekoor deur die wenner van vanjaar se Booker-prys.

NADAT ek Samantha Harvey se The Shapeless Unease in 2020 gelees het, het ek myself plegtig belowe dat ek nooit, ooit weer een van haar boeke sal lees nie. En tog, hier’s sy weer, in die week ná die aankondiging dat sy die Booker-prys gewen het vir Orbital, en ek werp myself neer voor haar vernuf.

The Shapeless Unease het gehandel oor ’n vrou wat moet aangaan met haar lewe terwyl sy al hoe minder geslaap kry. Dis soos een van daardie drome waarin jy motor bestuur, moet briek, en die brieke wil net heeltemal vat nie. Dit stuur af op ’n gemors – en die gemors is in die gemoed van die leser, wat al hoe meer die frustrasie van die slaaplose vrou oorneem.

So 20 bladsye van Orbital se begin af is die weersin in Samantha Harvey se boeke weg. Sy neem so vinnig besit van jou verbeelding dat jy verbaas is. Terwyl een dag op aarde verbysloer, beleef ses ruimtevaarders 16 keer dagbreke en sonsondergange. Harvey het gedurende die Covid-grendeltyd in Brittanje baie tyd bestee aan kyk na die koekeloer-opnames van die lewe op die ISS (internasionale satelietstasie). Haar beskrywing van die ses mense se daaglikse lewe is die uitvloeisel daarvan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.