Vat jy aan die mot se vlerke, gee dit ’n gefladder van goud af

DIGKUNS

Vat jy aan die mot se vlerke, gee dit ’n gefladder van goud af

Ons boekeredakteur het weggeraak in 'n stapeltjie digbundels en asemgehaal in die taal van drome.

TERWYL die dag aan die tak verlep, terwyl X en Bluesky meeding om menings en ’n ontkenner van klimaatverandering die leier van die sogenaamde vrye wêreld is, terwyl die Johannesburgse Kunsgalery vergaan weens verwaarlosing en grypsug, en bendes moor in die strate van die Kaap, laat ons vir ’n oomblik rustig word en dink oor digkuns. Moet op prinse nie vertrou nie, het my ouma gesê. Ons redding lê nie by politici nie, maar by kunstenaars en mense wat liefhet.

Soms verdwaal ek ’n dag lank in digbundels en begin weer glo in verwondering. Ek wil jou vertel van vyf bundels wat die wêreld ’n bietjie mooier maak.

Kyk, digbundels verkoop nie. Almal het poësie nodig, maar min mense wil dit erken. Gee jou oor, liewe leser...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.