Afrikaanse kinderboeke vir die Kerskous

KINDERLEKTUUR

Afrikaanse kinderboeke vir die Kerskous

DEBORAH STEINMAIR se innerlike kind het baljaar in die kleurryke, verbeeldingryke aanbiedings vir jong lesers.

DIE Kersboom wag en ons is op soek na geskenke. As jy my vra, is boeke die geskenk wat aanhou gee. Ek kyk na ’n klompie kinderboeke wat mooi sal toedraai. Dit sal die kleingoed ’n rukkie besig hou en hopelik anders laat kyk na die wêreld en die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Daar is soveel tegnologiese afleidings, dis belangrik dat ons ’n nuwe leserskorps vestig. Die boeke is buitendien so kleurryk en mooi uitgegee dat dit min of meer onweerstaanbaar is vir die kind in elkeen van ons.

Het jy al van die Wen-reeks gehoor? Ek het vier boeke op my lessenaar. Dis deur Elisenda Roca geskryf en deur Christina Losantos geïllustreer. En die kersie op die koek is dat die Afrikaanse verwerking gedoen is deur Sophia Kapp, topverkoper van liefdesverhale en boonop taalfundi. Die stories word in rymvorm vertel. Uitdagings word speel-speel aangebied, soos om aan jou selfoon verslaaf te wees, deur nagmerries geteister te word, goeie maniere aan te leer en op te hou leuens vertel.

’n Selfoon kan nooit maats vervang nie..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.