Liefde en wraak in die warm sand

VAKANSIELEESSTOF

Liefde en wraak in die warm sand

Ons boekeredakteur het minder as ooit gelees in 'n Desember vol kuier en rinkink.

WAT lees ek op vakansie? Nie Deon Meyer soos ’n mens sou dink nie. Hom spaar ek vir ’n gewone naweek in die binneland, wanneer ek amper ongestoord kan lees. Vakansietyd is daar te veel mense. Elkeen wil ’n druppel van jou aandag hê, of ’n emmer. Daar is uitstappies, pieknieks en feeste. Dit alles verg voorbereiding en opruim, en die dae is verby toe ek as kind agter ’n duin kon gaan wegkruip met my boek. Dis ’n nimmereindigende rooster van aktiwiteite en jy kan hoogstens ’n paar bladsye op ’n slag lees. As jy jou gaan verloor in ’n spanningsverhaal, gaan jy knorrig en ongesellig wees en jouself ongewild maak.

Read this article in English

Dan is dit beter om hogere letterkunde te lees, waar elke sin jou streel, waar jy paragrawe oor en oor kan lees en daaraan herkou. Waar jy die boek ná ’n halwe hoofstuk kan toeklap om later weer op te neem. Of kortverhale. Gedigte. Of stukkies, soos Gielie Hoffmann se besielde oordenkings oor die alledaagse, Naam van dier dorp. Klein brokkies vir die vakansiebrein om te verteer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.