LINZA DE JAGER vertel van die dag toe Skolla 'n plaas koop op die parkeerterrein, want die gode slaap nie. Het jy 'n storie of gedig in die laai? Stuur jou bydrae na deborah.steinmair@gmail.com.
SKOLLA is so groot soos ’n JoJo-tenk, en hy is ook so dors soos ene. Hy’t so pas sy eerste Lager afgesluk – en ek sê vir jou, hy’t dit afgesluk – in die Spur. En nou is hy besig met sy tweede. Sy sidekick van die afgelope 35 jaar is by hom. Haar naam is Skollie. Sy word algemeen beskou as a) sy slagoffer of b) sy skaduwee. In die ware lewe is sy eintlik iets anders. En sy gaan dit nou-nou wys, want sy is ook besig om gees te vang, net op ’n ander manier as hy.
Skollie se moer is besig om geroer te word hier in die Spur aan die Weskus, en dit het nie te doen met die feit dat sy omring is deur die Groot Vyf, en nie hou van hulle nie. Die Groot Vyf is in hierdie deel van die wêreld bier, wyn, steak, burgers en waiters wat verjaardagmense toesing.
Die rede vir Skollie se ongeluk is die gesprek waarin sy betrek word. Skolla is al weer besig met sy wortelgrappie. Eintlik is dit nie ’n grappie nie, want dis nie snaaks nie. Dit gaan daaroor dat sy ’n wortel is en ’n wortel is dom. Die eerste maal toe Skolla hiermee begin het, het sy nie verstaan wat hy bedoel nie. Hy sou tog nie vir haar vergelyk met ’n groentesoort wat onder die grond gevorm word, en leef, en dan opgeëet word nie? Is dit dalk die wetenskaplike naam vir iets? Skolla hou daarvan om homself as wetenskaplik te sien, en sy moedig dit aan, want sy hoop altyd dat hy oor sy drinkery sal kom en dalk sal die wetenskaplike ding dit doen. Maar hier gaan hy nou weer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
MA' DJULLE'S DIE POETS
Skollie se moer word geroer in die Spur
LINZA DE JAGER vertel van die dag toe Skolla 'n plaas koop op die parkeerterrein, want die gode slaap nie. Het jy 'n storie of gedig in die laai? Stuur jou bydrae na deborah.steinmair@gmail.com.
Deel
SKOLLA is so groot soos ’n JoJo-tenk, en hy is ook so dors soos ene. Hy’t so pas sy eerste Lager afgesluk – en ek sê vir jou, hy’t dit afgesluk – in die Spur. En nou is hy besig met sy tweede. Sy sidekick van die afgelope 35 jaar is by hom. Haar naam is Skollie. Sy word algemeen beskou as a) sy slagoffer of b) sy skaduwee. In die ware lewe is sy eintlik iets anders. En sy gaan dit nou-nou wys, want sy is ook besig om gees te vang, net op ’n ander manier as hy.
Skollie se moer is besig om geroer te word hier in die Spur aan die Weskus, en dit het nie te doen met die feit dat sy omring is deur die Groot Vyf, en nie hou van hulle nie. Die Groot Vyf is in hierdie deel van die wêreld bier, wyn, steak, burgers en waiters wat verjaardagmense toesing.
Die rede vir Skollie se ongeluk is die gesprek waarin sy betrek word. Skolla is al weer besig met sy wortelgrappie. Eintlik is dit nie ’n grappie nie, want dis nie snaaks nie. Dit gaan daaroor dat sy ’n wortel is en ’n wortel is dom. Die eerste maal toe Skolla hiermee begin het, het sy nie verstaan wat hy bedoel nie. Hy sou tog nie vir haar vergelyk met ’n groentesoort wat onder die grond gevorm word, en leef, en dan opgeëet word nie? Is dit dalk die wetenskaplike naam vir iets? Skolla hou daarvan om homself as wetenskaplik te sien, en sy moedig dit aan, want sy hoop altyd dat hy oor sy drinkery sal kom en dalk sal die wetenskaplike ding dit doen. Maar hier gaan hy nou weer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Rillers en reisverhale
Goed om te lees in ’n moeilike week
As Cupido gifpyle afskiet
’n Robuuste wegvlieg na Rooiduin
Die spioen dra Prada
Deel
-
Deel
Linza de Jager
RubriekskrywerLinza de Jager is verlief op boeke en herinneringe. Soms kry sy dit reg om op die toekoms, en selfs die hede, te fokus.