Goeiedag,
Woensdag is nou leeslysdag. Hier is 'n verskeidenheid stories wat ons hierdie week heerlik laat lees het. Na 'n week in Kaapstad se hel-verkeer is ons span behoorlik beneuk, so ons het sommer drie stories oor hoe woes dit elders gaan. Lees ook oor die senuagtige Britte.
Deur die klankgrens
Sedert die Concorde in 2003 ophou vlieg het, het geen passasiersvliegtuig die klankgrens gebreek nie.
Blake Scholl, die stigter van Boom Supersonic, ontwerp nuwe-generasie- supersoniese vliegtuie. Die eerste is ’n 55-sitplek-besigheidsklasvliegtuig wat die vliegtyd op roetes soos van San Francisco na Tokio met die helfte sal verminder.
Anand Giridharadas, politieke ontleder en skrywer van Winners Take All: The Elite Charade of Changing the World, sê: “Ek kyk na die briljantheid wat dit sal neem om so iets te skep, en ’n deel van my betreur die feit dat hulle nie aan ’n oplossing kan dink vir die padvervoerprobleme van honderde duisende mense wat elke dag drie of vier uur in die verkeer deurbring om by die werk uit te kom nie.”
>> Lees meer
Senuagtige Britte gaar op voor Brexit
Soos Brittanje se verwagte afskeid van die Europese Unie nader kom, begin al hoe meer mense opgaar. Op webwerwe soos Mumsnet is dit ’n witwarm onderwerp.
Amper ʼn derde van die Verenigde Koninkryk se kos en 55% van die wyn wat hulle drink, kom van Europa en volgens Tim Benton van die Universiteit van Leeds is die ontwrigting van voedselvoorsiening amper onvermydelik. In 2016 het die VK amper 93 000 ton cheddarkaas van Ierland ingevoer. In ’n verslag van die Ierse suiwelbedryf word daarvan sprake gemaak dat die prys van cheddarkaas met 50% kan styg.
Mense wat van gespesialiseerde medikasie afhanklik is, is bekommerd dat Brexit toegang tot lewensnoodsaaklike medisyne kan belemmer. Daar is pasiënte wat hul dokters vra vir “vakansievoorskrifte” sodat hulle medisyne kan opgaar.
Altesaam 47% van die VK se natuurlike gas kom via pypleidings uit Europa en Noorweë, en as daar ná Brexit ’n petrol- of gastekort is, kan dit die voorsieningsketting verder ontwrig. Die vooruitsigte van Brexit het reeds hoër energiepryse tot gevolg gehad. Ná Brexit sal die VK minder geïntegreer wees met die blok se energie-infrastruktuur, en dus mees kwesbaar vir energievoorsieningstekorte.
Die algemeenste opgaar-items is pasta, toiletpapier, rys, rakmelk, blikkieskos, meel, tee, koffie, gebottelde water en wyn.
>> Lees meer
Verkeersopeenhopings – meer as een benadering
New York is die eerste stad in die VSA waar motoriste ’n heffing sal moet betaal vir toegang tot die besigste gebiede.
Die tarief moet nog vasgestel word, maar die idee is dat die tolstelsel meer as $1 biljoen per jaar sal inbring vir die stad se afgeleefde openbare vervoerstelsel. Passasiersvoertuie sal net een keer per dag tolgeld betaal, en waarskynlik darem nie saans en oor naweke nie.
New York se huurmotor- en app-gedrewe dienste betaal reeds sedert April verlede jaar ’n weergawe van dié tolgeld. Maatskappye soos Uber, Lyft en Via wat gedeelde ritte aanbied, betaal minder – $0.75 per gedeelde rit – terwyl gewone huurmotors $2.50 per rit betaal.
Die huurmotorbedryf, wat reeds sukkel om met Uber mee te ding, het heftig kapsie gemaak teen die tol. En sedert einde 2017 het nege huurmotorbestuurders hulself om die lewe gebring. Die jongste voorval was op 24 Maart.
In ander wêreldstede, waaronder Stockholm, is egter reeds bewys dat hierdie stelsel goed kan werk.
>> Lees meer
Amsterdam maak parkeerplekke 1 500 per jaar minder
Amsterdam beplan om stelselmatig parkeerspasie in die middestad te verminder om plek te maak vir nog fietsbane, sypaadjies en meer bome. Motoreienaars het reeds ’n permit nodig om in die stad te parkeer, en die permitte sal duurder raak. Teen einde 2025 sal daar 11 200 parkeerplekke minder wees. Geen motoriste se permitte sal teruggetrek word nie, maar die stad sal bloot geen permit vervang nie.
Amsterdam word bestuur deur ’n koalisie waarin die GroenLinks-party die grootste verteenwoordiging geniet. Hulle meen die vermindering van parkeerplekke sal voetgangers, fietsryers en bome vryer laat asemhaal.
>> Lees meer
DNS-herkomstoets kan ons idee van wie ons is verander
Hoe akkuraat is die toetse?
Het jy al ooit gewonder wie jy is of waar jy vandaan kom?
Vroeër vanjaar het die lugredery Aeromexico in ’n tong-in-die kies-reklameveldtog ’n afslag op vliegkaartjies na Mexiko gegee – hoe groter die persentasie van jou Mexikaanse afkoms, hoe meer afslag het jy gekry!
Maar die uitslae is nie altyd ewe akkuraat nie. ’n Identiese tweeling het vyf DNS-maatskappye op die proef gestel. Een maatskappy het beraam die eerste sib is 25% Oos-Europees, en die tweede 28%. ’n Ander maatskappy het gesê die tweeling is 27-29% Italiaans, en nog een het gesê hulle is 19-20% Grieks. Hierdie verskille het te doen met die grootte van die databasisse en wie almal daarby ingesluit is. Soos die databasisse uitgebou word, kan resultate verskil.
>> Lees meer
Kan Brexit dalk ons nasionale krieketspan red?
Na gelang van hoe (en of) die VK uit the EU onttrek, sal Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese krieketliefhebbers dalk rede hê om fees te vier.
Brexit sal waarskynlik die uittog van krieketspelers van die twee lande na Engeland laat afneem. Sedert 2003 het sowat 43 Suid-Afrikaanse en vyf Zimbabwiese spelers hul land verlaat om graafskapkrieket in die VK te speel.
Danksy ’n uitspraak in die Europese Hof van Justisie – genoem “Kolpak” na die Slowaakse speler in wie se guns beslis is – kan burgers van enige land wat ’n assosiasie-ooreenkoms met die EU handhaaf in enige lidland werk. Dit geld Suid-Afrika én Zimbabwe.
Of Kolpak sal oorleef, hang nou af van die finale egskeidingsooreenkoms tussen die VK en die EU.
’n Brexit wat Kolpak uitsluit, sal nie goeie nuus vir die krieketspelers wees nie , maar kan dalk sorg dat ons beste spelers vir Suid-Afrika behoue bly – wat goeie nuus is vir die volgende Wêreldbeker in Indië.
’n Herrie het in Februarie uitgebreek rondom die snelbouler Duanne Olivier se aankondiging dat hy die kans op ’n plek in die Proteaspan vir hierdie jaar se wêreldbeker sal prysgee om ’n driejaarkontrak met Yorkshire te teken.
>> Lees meer
Queshile, die krieketgeskenk wat aanhou gee
As jy hom ’n kans gee, sal hy jou trots maak.
Vroegaand op Vrydag 22 Maart het almal wat al ooit hul vertroue in Qeshile gestel het – van sy ma, Priscilla, tot sy afrigter aan Hudson Park High School, Dave Alers, tot sy huidige mentor by Warriors, Rivash Gobind – rede gehad om trots te wees toe hy sy internasionale debuut vir Suid-Afrika gemaak het in die tweede T20 teen Sri Lanka. Dit was net ʼn jaar sedert hy sy eersteklas loopbaan begin het.
Die aand het Neil Rogers – die man wat homself beskryf as Sinethemba Queshile se “instaan-oom” – saam met ’n groepie vriende in die Gonubie Hotel in Oos-Londen na die wedstryd gaan kyk. (Hulle kon weens kragonderbrekings nie by Rogers se huis kyk nie.)

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.