In Vrye Weekblad op 12 April

In Vrye Weekblad op 12 April

Nuusbulletin: 11 April 2019

  • 11 April 2019
  • Daagliks
  • 1 min om te lees


In hierdie week se Vrye Weekblad ontleed Piet Croucamp die EFF se geweldspeletjies. Generaal Johan Booysen skryf oor sy vriend, Robert McBride. Jacques Pauw maak 'n draai in Indië waar hy 'n verlôre boerklong in een van Mumbai se grootste krotbuurte opspoor, en Max du Preez skryf oor Winnie Mandela.
Adri Kotzé is op die spoor van huursoldate en spioene. Leslie van Rooi praat oor versoening. Ismail Lagardien ontleed die media. Michéle Meyer skryf oor Suid-Afrika se ou kunsmeesters. Elsabé Brits bring ons 'n witwarm storie oor die ontdekking van 'n nuwe menslike spesie in die Fillipyne. Ons praat met die kunstenaar Anton Kannemeyer oor die aanslag op satire.
Annelize Visser besing die lof van botter. Ons maak 'n draai in Argentinië, kook beesstert met sjokolade en leer hoekom Marie Kondo se opruimingsmetodes oor méér as net ‘n netjiese huis gaan.
Dít is net 'n voorsmakie van die nuutste uitgawe. Daar is baie meer: wetenskap, leefstyl, politiek. In jou inboks môre-oggend voor die eerste haan kraai.
Gebruikswenk
Daar is nog nie 'n Vrye Weekblad-app nie, maar ons is bly om te sien hoeveel lesers reeds daarvoor vra. Intussen kan jy natuurlik ons webblad as 'n shortcut op jou foon se tuisskerm plaas.
Op Apple se fone kan jy byvoorbeeld op die Safari-browser ons webblad oopmaak en dan op die middelste ikoon onder aan die skerm tik (die boks met 'n pyl). Dan kan jy die “Add to home screen" opsie kies in die lys wat verskyn.
Op Android-fone kan jy ook die ingeboude opsie op jou gunsteling internet browser gebruik om die shortcut te skep.
Nuwer weergawes van die Chrome-browser sal jou ook onderaan jou skerm vra of jy die webblad as 'n shortcut op jou tuisskerm wil plaas:
AS JY DIT MISGELOOP HET ...'n Paar hoogtepunte van hierdie week se uitgawe

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.