DIT is môre Pase en ons hoop dit beteken vir julle almal 'n geseënde tyd met familie en vriende – maar ook rustige leestyd, want om vyfuur môre-oggend is die nuutste uitgawe van Vrye Weekblad, soos elke Vrydag, aanlyn beskikbaar. Die hele span is nog druk aan die werk regoor die land.
Intussen, 'n voorsmakie van wat in ons derde uitgawe te wagte is:
Max du Preez het die ongepubliseerde verslag van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou onder oë gehad. Jeremy Vearey vertel van “doodsangs en vraatsug aan die Kaap van Onheil” - 'n geskiedenis-les soos net hy kan afsteek – en Virginia Keppler daag Panyaza Lesufi uit om te kom kuier in Eersterust en te sien hoe Afrikaassprekende skoolkinders geforseer word om te verengels.
Jonathan Jansen vertel oor die Ace Magashule wat hy geken het toe hy rektor aan die Universiteit van die Vrystaat was. Sonja Carstens grawe diep in die gemors wat Prasa maak van treine (dit is 'n nes) en Herman Wasserman vertel van Julian Assange se kat en wat ons nou eintlik van hierdie eienaardig knaap moet dink.
Daar is ook ander, ligter lekkerhede. Ons reis na Soedan en Jacques Pauw en Anton Estpost sit hulle Suid-Amerikaanse kuier voort. Annelize Visser en haar span het 'n wonderlike spyskaart van leefstyl, kuns en kultuur - onder andere 'n gesprek met Suid-Afrika se ontluikende nuwe superstêr in die filmwêreld, Christiaan Olwagen; 'n draai by die Norval Foundation in Kaapstad; en 'n resep vir pampoenbredie. Michéle Meyer het gaan kuier by 'n baanbreker-restaurant in Johannesburg en dan is daar nog 'n aflewering van almal se gunsteling, Nettie Pikeur.
En nog 'n hele klomp meer.
Maar daar is nog baie om te doen, so dis tyd om te groet tot môre.
Anneliese Burgess en die res van die span
INDIEN JY DIT MISGELOOP HET'n Paar hoogtepunte uit die jongste uitgawe...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.