China soek witvoetjie, malaria floreer en karre wat meer as...

BULLETIN

China soek witvoetjie, malaria floreer en karre wat meer as 400 000 km kan hou

Nuusbulletin: 24 April 2019

  • 24 April 2019
  • Daagliks
  • 3 min om te lees


Goeiedag,
Hier is die week se leeslys! 
40 motors wat vir meer as 400 000 km sal hou
Betroubaarheid was nog altyd een van die belangrikste faktore wanneer ’n nuwe motor gekoop word. Kyk of jou motor een van dié is wat ná 400 000 km nog op die pad sal wees.
>> LEES MEER
Elton Jantjies en lesse oor werksetiek
Hy het Japan toe gegaan om sy pa se dood te verwerk, en by die Japannese van werksetiek geleer.
Elton Jantjies lyk beslis meer op sy gemak op Ellispark se gras as in die  ouditorium by die Future Africa Campus van die Universiteit van Pretoria. Hier moes hy voor 60 000 mense 'n toespraak maak - en oor homself praat. Sy toespraak het presies ses minute geduur, maar hy het verbasend baie oor homself onthul.
>> LEES MEER
Probeer China guns koop in Afrika?
China se opmars laat die broeke bewe - en nou bestee dié moondheid  enorme bedrae om Afrika te oortuig dat sy bedoelings goed is.
Dit gaan egter nie maklik wees nie. China word dikwels beskou as “onaantreklik” en rassisties.  ’n Onlangse uitstalling – Dit is Afrika - by 'n Chinese museum het beslis nie gehelp nie: Mense van Afrika is met diere vergelyk!
In ’n insetsel oor 'n galakonsert wat op China se nasionale televisiekanaal uitgesaai is, het Chinese akteurs Keniane in “blackface” uitgebeeld. Die doel was om die positiewe aspekte van die verhouding tussen China en Afrika te beklemtoon, maar het eerder die indruk geskep dat China homself sien as ’n oplossing vir Afrika se agterlikheid.
>> LEES MEER
Opera vir klimaatsverandering
“Cli-fi” is 'n genre wat spesifiek met klimaatsverandering te doen het. Dit bevat al die standaard-elemente van opera: patos, wanhoop en die potensiaal om verandering mee te bring deur bo die alledaagse uit te styg.
Dit is dus nie verbasend nie dat daar al vyf operas oor klimaatsverandering geskryf is. Die nuutste, Anthropocene, het verlede maand in Glasgow, Skotland, sy debuut gemaak. Die term Anthropocene word gebruik om die huidige geologiese era van verandering wat deur die mens veroorsaak is te beskryf. Die drama speel op 'n boot af en is die verhaal van 'n Arktiese avontuur wat skeefloop.
Verlede jaar is 'n opera op die planke gebring oor migrasie wat deur klimaatsverandering teweeg gebring is. Dit het gevolg op CO2, 'n opera gegrond op Al Gore se 2006-fliek An Inconvenient Truth. In 2012 is die opera Auksalaq, so genoem na die smeltende sneeu en ys in Alaska, opgevoer.
>> LEES MEER
Hoe hoër temperature en besoedeling muskiete raak
In 2017 is 435 000 mense wêreldwyd aan malaria dood. Van hulle was 403 000 in Afrika - die meeste suid van die Sahara.
Die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes het drie kernaspekte ondersoek: die uitwerking van menslike aktiwiteit, die impak van klimaatsverandering op die doeltreffendheid van insekdoders vir malariadraende vektore, sowel as die impak van hoër temperature.
Waarom ons bekommerd moet wees? Menslike aktiwiteit en besoedeling laat muskiete uitbrei na gebiede waar hulle nie voorheen was nie en hul aanpassing by verergerde waterbesoedeling maak hulle meer bestand teen insekdoders.
>> LEES MEER
Die grootste versameling kunstenaarsboeke in die suidelike halfrond
Kunstenaarsboeke is nie sketsboeke, joernale of portefeuljes nie, en beslis ook nie boeke oor kunstenaars nie. Dit is kunswerke in die vorm van boeke eerder as boeke oor kuns. Die opkoms van kunstenaarsboeke in die 1960's en 70's in die VSA het werke soos Ed Ruscha se Twentysix Gasoline Stations (1962) en Every Building on the Sunset Strip (1966) ingesluit. In Suid Afrika is die vroegste voorbeelde dalk Phil du Plessis se Hulde Uit 1970 en Walter Battiss se Male Fook Book (1973).
Nou het Jack Ginsberg, 'n rekenmeester bekend om sy filantropiese werk en ondersteuning van die kunste in Suid Afrika, sy wêreldberoemde versameling (die grootste in die suidelike halfrond) aan Wits se Kunstemuseum in Johannesburg geskenk.
>> LEES MEER
Tot môre, wanneer ons julle 'n voorsmaak gee van Vrye Weekblad se vierde uitgawe en die week se stories.
Groetnis,
Anneliese Burgess en die res van die VWB-span
INDIEN JY DIT MISGELOOP HET ...'n Paar hoogtepunte uit ons jongste uitgawe

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.